Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 43

R UB R IE K EK KRY BAIE VRAE OOR DIE GEBRUIK VAN ‘N KNALDEMPER (SILEN­CER). GAAN DIT DIE KLANK WEG­VAT? WERK DIT VIR DIE TERUGSLAG (RECOIL)? DEEL 8 JACO KRUGER K om ons kyk na knaldem­ pers. Meeste van my gene­ rasie skuts (ek bedoel aan die verkeerde kant van veertig), is nie baie gemaklik met knaldempers nie. Hulle ken dit nie en twee­ dens het hulle daarsonder groot­ geword. Ons glo ook ’n jaggeweer moet ’n houtkolf hê en nie ’n sintetiese kolf nie. Maar kom ek stel julle gerus - knaldempers werk. Dit is die moeite werd om te verander, al is dit nie altyd lekker om my spoggeweer se loop te laat skroef­ draad-sny nie. Die eerste ding van knaldem­ pers is dat dit nie klink soos in die movies nie, veral nie die James Bond movies nie. Goeie knaldem­ pers demp die klank met 20-25 desibel. Maar saam met dit ver­ minder dit die terugslag van die kaliber. En dit is die lekker deel van ’n knaldemper. Dit maak jou groter kalibers se terugslag meer hanteerbaar wat baie lekker is, byvoorbeeld die 300 Win Mag. Knaldempers het niks te doen met die akkuraatheid van die wapen nie. Die meeste skuts skiet beter, maar dit het te doen met ••• die terugslag van die geweer, wat nou minder is. Ek het ’n eksperiment met my 308 gedoen. Chris Hendrik, ’n goeie vriend van my se seun, is skietmal soos ek (hy is 13 jaar oud). Hy het met die 308 op 300 meter na die springboktabel geskiet, sonder ’n knaldemper. Uit die drie skote was een ’n doodskoot en die ander... wel ons sou die bok moes gaan soek. Met die tweede rondte het hy met die knaldemper op geskiet. Al drie skote was doodskote. Nie oor die meer gedempte klank nie, maar oor die verminderde terug­slag. So, daar is definitief plek vir knaldempers op die skiet­ baan en in die jagveld. Maak seker julle kry die regte knaldempers. Jy kry knaldempers wat van staal en van aluminium gemaak is. Gewig spee Y\