Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 41

R UB R IE K Figuur 2: Interpretasie van ADX. BRON: SAAMGESTEL IN DIE METASTOCK (2011) DATABASIS. kopers (vraag) in vergelyking met die aantal verkopers (aanbod), wat uiteindelik sal lei tot ’n poten­ siële prystrog soos wat die vraag en aanbod na die onderliggende kommoditeit ’n nuwe ewewigsprys bewerkstellig. PRYSTENDENSE Akkurate tegniese analise is af­ hanklik van die verskeie tendense wat pryse kan volg aangesien verskillende tegniese indikatore ontwikkel is om beter te funksio­ neer in verskillende markomstan­ dighede. Prystendense verander deurlopend van ’n “trending” mark na ’n “trading” mark, wat die suk­ sesvolle implementering van “lagging” en “leading” tegniese indi­ katore belemmer. Die identifise­ ring van die heersende tendens in die mark word vergemaklik deur verskeie tegniese indikatore wat spesifiek vir die doel ontwikkel is, wat die mees populêre indikatore onder andere insluit Aroon en die Rigtingbewegingsindeks (“Direc­ tional Movement Index” of DMI). AROON* Die indikator toon ’n verande­ ring in die huidige prystendens aan, hetsy tussen “trending”- en “trading”-markte of tussen ’n opwaartse en afwaartse tendens. Die heersende tipe mark word bepaal deur die aantal periodes wat verloop het sedert pryse die mees onlangse hoogtepunt of mees onlangse laagtepunt bereik het, te evalu­eer. Die Aroon word saamgestel deur die berekening van twee verskillende lyne, naam­ lik die Aroon Op en die Aroon Af. Die Aroon Op meet die aantal periodes sedert die mees onlangse hoogtepunt, waar die Aroon Af die aantal periodes sedert die mees onlangse laagtepunt meet. Die bekendste interpretasie van die Aroon behels dat beide Aroon Op en Aroon Af ossilleer teen ekstreme waardes wat dui op ‘n sterker ten­ dens, en word grafies geïllustreer in Figuur 1. ’n Sterk opwaartse tendens word aangedui deur die Aroon Op (soliede lyn) wat tussen 70 en 100 beweeg, en die Aroon Af (stippellyn) wat tussen 0 en 30 beweeg, soos grafies voorgestel deur area A. Die teenoorgestelde is waar vir ’n sterk afwaartse tendens, soos grafies voorgestel deur area B, waar die Aroon Af tussen 70 en 100 beweeg met die Aroon Op wat tussen 0 en 30 beweeg. In die geval waar beide lyne ewewydig aan mekaar beweeg teen ongeveer dieselfde vlakke, w