Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 37

N UUS ••• AUBREY KRUGER Senwes hoofkantoor word GETROU AAN SY GROEN LOGO, MAAK SENWES GOEIE VORDERING OM SY HOOFKANTOOR IN ’N GROEN GEBOU TE OMSKEP. S onenergie is bo-aan die lys en oor ’n paar maande sal die hele hoofkantoor met sonpa­ nele bedek wees. ’n Massiewe aantal van 2 392 om presies te wees. Die dakke van die hoofkantoorge­ bou, die Hinterland kantore en die opleidingsen­ trum, sowel as die motorafdakke sal vir die doel gebruik word. VOORDELE In lyn met ons volhoubaarheidsdoelwitte en ons bydrae om die koolstofvoetspoor te verklein, sal die sonpanele sowat 1kg CO2 / kW bespaar. Die gepro­ jekteerde besparing vir Senwes sal 1,317 ton CO2 per jaar by hoofkantoor beloop. Dit is gelyk aan 304 lopende motors of 541 ton steenkool per jaar. BESPARING VANWEË DIE SONPANEELPROJEK Die totale geprojekteerde sonenergieproduksie van 1 480 mWh per jaar (1 480 000 kWh) verteen­ woordig 43% van totale verbruik. Dit sal ’n verla­ ging in die afhanklikheid van Eskom-krag tot gevolg hê, wat ’n energiekostebesparing van R2,4 miljoen sal beteken. As jy projekteer dat daar ’n gemiddelde verhoging van 12% in die prys van krag sal wees oor ’n 10-jaar periode, is die besparing selfs hoër en sal die terugbetalingstydperk sowat 5 jaar wees. BEGIN EN FINALISERING VAN DIE PROJEK Kontrakteurs het reeds op 25 Januarie 2016 begin werk en die voorbereidingswerk vir die krag­ opwekker is al in proses. Daar word voorsien dat die projek teen 5 Junie 2016 afgehandel sal wees. VERSKILLENDE STAPPE OP DIE PAD NA GROEN Senwes se pogings om ’n groen gebou te bewerk­ stellig het ’n reuse hupstoot gekry deur hierdie projek. Dit volg op ander volhoubare projekte soos die installering van die lugreëlingstelsel wat 100% afgehandel is en ’n besparing van 180 kVA bewerk­ stellig. Nog ’n projek is die LED-ligteprojek, wat ’n besparing van 45% van ons kragverbruik ten opsigte van beligting sal meebring - die bespa­ring sal R1.2 m per jaar beloop. Die projek is sowat 60% afgehandel en behoort teen Junie 2016 afge­ handel te wees. Ons is opgewonde oor die volhoubaarheidsvoor­ dele van die projek. Hoewel die implementering ongerief sal veroorsaak, glo ons egter dat die eindre­ sultaat die moeite werd sal wees. OEK Meesterboere: B E I D N E W Denkers en Doeners MEESTERBOERE: DENKERS EN DOENERS is gebaseer op ’n konsep van dr Piet van Zyl, afgetrede boer en akademikus wat deur die jare soveel boere leer ken het wie se wysheid en insigte oor die lewe, en veral boerdery, hy graag wou opteken. Suksesvolle boere is met behulp van landbou­ besighede geïdentifiseer en nadat eksklusiewe onderhoude met hulle gevoer is, het Tisha Steyn, vryskutskrywer, die verhale opgeteken, en die hoof­ stukke is in die boek opgeneem in die volgorde waarin die onderhoude gevoer is. Daar is selfs twee produsente ingesluit wat deur Senwes voorgestel is, Johan Minnaar van Kroonstad en Dirk Steenkamp van Vredefort. Johan se hoofstuk is getiteld “Neem ’n bereken­de risiko” en hy voel dat dit goed is om bietjie erken­ ning te kry en Dirk se hoofstuk “Boerdery gaan oor mense en geloof ” gaan daaroor dat jy slegs moet “koop waarsonder jy nie kan klaarkom nie”. Meesterboere: Denkers en Doeners is beskikbaar teen R230 (RSA geregistreerde posgeld ingesluit). Besoek die webblad: http://turksvy.co.za/. Dit is 272 bladsye propvol raad vervat in 19 hoofstukke met ’n foto van elke boer. SMS Senwes, Meesterboere en jou naam, telefoon­ nommer en e-posadres na 31 022 voor 25 Mei 2016 om ’n kans te staan om een kopie ter waarde van R230 te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisie­ reëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. SENWES Scenario • Apr/Mei 2016 35