Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 35

HA N D E L SN UUS Die psige van ’n boer Hier moet die boer as wese beskryf word. “ ’n Boer bly in wese ’n boer. Dit is ’n roeping.” En wat erger is, is dat ’n boer net ’n boer op sy eie plaas is. Die swaarkry raak soms net te erg. Daar is ’n emosionele verbon­ den­heid aan graan en diere. Dit gaan ook gepaard met ’n gewel­ dige verantwoordelikheid teen­ oor sy huisgesin, werkers, diere en die land. situasies waar produsente nie meer kan produseer nie en die uitgawes ophoop. “Nou verg dit mannemoed!” Veeboere sukkel erg Ons is nie klippe nie. Dit is swaar om te sien hoe jou oes deur die hitte verwoes word. “Maar ’n mielie kom bulk nie honger en dors by die hek vir jou nie.” Diere wat rusteloos by die krippe rondmaal is gereelde beel­ de wat gesien word. Dit breek boere se harte. Soveel so dat hulle selfs stoetdiere laat slag. ’n Mielie vrek stil maar om diere te sien sukkel, is erg. Boere kan dit net nie meer aanskou nie. Boere is die eerste linie Produsente is min in getalle. Maar hulle verteenwoordig bloot die eerste linie van swaarkry. Hulle verskaf kos aan baie mense. Maar op die einde het hulle swaarkry ’n rimpeleffek op die ekonomie. “Die pappot is besig om te val.” Mieliemeel is die basiese voedsel en miljoene is hiervan afhanklik. Die grond Daar is ook ’n diepe verbintenis aan grond. Lande wat wegwaai is lande waar sweet en bloed inge­ ploeg is. Dit is in baie gevalle ook erfgrond, iets om aan kinders oor te dra. Sentiment is onlosma­ kend gekoppel aan grond. Wat boere nou ervaar is die magteloosheid om maksimum boer te wees. Dit kan uitkring van ’n emo­ sionele krisis tot ’n identiteits­ krisis. Wie is ek en wat is ek? Onthou hier dat menswees baie groter is as hektare, mielies en beeste. Produsente moet weet hulle is nog steeds mens. Gevaartekens en rooi ligte Tekens van depressie is neerslag­ tigheid, verlies aan genot, emo­ sionele en sosiale onttrekking. Dit is die gevaartekens. Almal van ons gaan deur slegte tye en baie het al gedagtes aan selfdood gehad. Maar die alarms moet afgaan as jy begin dink: Hoe gaan ek dit doen? Dan moet jy onmiddellik hulp soek! By wie? Enigiemand! Baie het ’n goeie verhouding met ’n predikant, ’n vriend of getroue plaaswerker. Selfs die persoon agter die kas­ register. Praat net! ••• Die onlogiese word logies Mense word so oorweldig deur emosie dat selfs die onlogiese logies lyk. Indien jy hier is, deel jou gedagtes sodat jy ’n nuwe pers­pek­tief kan kry. Hoe help mens? Ander moet hulle oë oophou en hand uitsteek. Moenie vra hoe dit gaan nie. Sê eerder: “Ek kan sien jy kry swaar, vertel my daarvan.” Die droogte is regverdig. Almal kry swaar. Moenie een­ saam en alleen voel nie. Gewone mense se hulp word hoog aan­ geskryf. Benewens predikante, sielkundiges en beraders, kan gewone mense ook simpatiseer. “Ek het ook ’n tuin wat vrek, ek kry ook warm saam met die boe­ re, my boorgat het ook nie meer water nie". Wees daar vir mekaar. Nog dinge om voor uit te kyk: Versteurde slaappatrone, ge­ dragsveranderinge, veranderde eetpatrone. Soms is dit baie sub­ tiel, so wees oplettend. Vorms van afskeid neem, klaarmaak. Jou dood klink dalk na ’n sinvolle oplossing vir jou, maar dit laat jou kind en vrou met vrae wat nooit beantwoord sal word nie, al los jy ’n lêer vol briewe agter. Selfdood is ’n keuse - maar nie ’n goeie keuse nie. Dit het lewens­ lange gevolge. Boodskap aan ondersteuners: Mens kan nie iemand onbeperk ondersteun nie - net tot op ’n punt. Party boere het droog geplant waar dit nie gunstig vir opvolg­ reën was nie. Daar word gesê dat ’n boer homself nie kan help as hy reën geruik het nie. Dit is asof die planter homself haak. Dit bevestig net weer dat daar ’n haarbreedte tussen ontkenning en geloof is. SENWES Scenario • Apr/Mei 2016 33