Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 29

N UUS ••• Herbert doing a 180°! From newspapers to farming. Herbert Mabuza diversifies by selling excess bales and he also wants to revive the dairy parlour. Herbert has 204 Bonsmaras and 125 sheep on his farm Blaauwbank, and it is still growing! ek nie geweet het wat om verder te doen nie. Senwes het toe die rigting aangedui. Ek het my huis­ werk gedoen en gekies om die pad saam met Senwes te loop.” Hy voeg by dat hy ’n goeie verhouding met Senwes het en Senwes land­ boukundige, Julias Ramohlabi, help hom met baie aspekte. Hy praat net goed van die uitstekende programme wat Senwes bied. Hy het groot waardering vir die pro­ duksielenings en die wyse waarop Senwes werk. “Soos wat graan gelewer word, verminder hulle die produksielening outomaties en belas my nie daarmee nie. En dan staan hulle ’n nuwe lening toe.” Hy lewer graan by Oberholzer Silo, wat naby sy plaas geleë is. “Die diens wat Senwes lewer maak ’n groot verskil in my lewe.” FAMILIE Herbert is geskei en het drie kinders - Mbali wat in die ITbedryf werksaam is, Nokuthula wat ’n eerstejaarstudent by Wits is en Thembisile wat in graad 8 is. Is hulle boere van die toekoms? “Ons sal moet sien, die tyd sal leer. Boerdery is ’n nuwe konsep in ons familie. Boerdery is een van daardie dinge wat nodig is, maar nie noodwendig gewild is nie.” REAKSIE VAN FAMILIE EN VRIENDE Sy familie en vriende is verbaas en reageer gewoonlik met: “Boer­ dery... wat besiel jou? Maar wan­ neer hulle sien waaroor dit gaan, dink hulle gewoonlik dis ’n won­ derlike lewenstyl. Hy weet egter nie of hulle dink ’n mens werk hard op ’n plaas of nie... AFSONDERING HET HOM GEDEFINIEER “Afsondering verander ’n mens. As jy alleen in ’n hoekie sit moet jy op jou eie funksioneer, jy het geen keuse nie.” Dit is waarom hy tot vandag toe geen probleem het om alleen te wees of een van sy baie boeke te lees nie, waarvan baie nog in bokse is. Media het aan hom ’n stem gegee - media laat die wêreld weet wat aan die gang is. KOERANTWÊRELD Dit was ’n uitsonderlike lewe vir Herbert. Hy besef hoe bevoorreg hy was om alles te sien terwyl an­ der mense net ’n vlugtige blik kry van wat hy gesien het. ’n “Voorry­ sitplek as’t ware.” “Media maak die wêreld vir jou oop.” Weens sy werk was hy daar toe Chris Hani dood is. Hy was