•••
KO L LI G
Herbert het ʼn Afrikaner stoetkudde met 200 teelkoeie,
sowel as ‘n SA Vleismerino
kudde van 600.
Eenrigtingverkeer op
Twee Oewers
> VERVOLG VAN BLADSY 23
omdat dit ’n maatskappy is. Almal
besin saam oor besluite, maar die
ouens in die uitvoerende posisies
neem die besluite. Bekwame per
sone word aangestel, nie noodwen
dig omdat hulle familie is nie - dis
soms ’n groot probleem in ‘n fami
lieboerdery.
24
SENWES
Senwes is een van die top land
boumaatskappy volgens Herbert.
“Die diens wat hulle verskaf strek
oor die hele spektrum van boer
dery - van winkel tot store, raad
en finansiering en meganisasie.
Jy kry die full house by Senwes”.
Hy is van mening dat Senwes ook
kompeterend in die mark is en
produsente se behoeftes verstaan.
“Die pakkie wat Senwes bied is
goed.”
JOHN DEERE IS SY KEUSE
Met sewe John Deere trekkers, een
John Deere gifspuit asook ’n John
Deere stroper is hy groen en sal hy
dit bly. Hy wil dit selfs uitbrei. Die
keuse vir hom is maklik – “John
Deere is een van die leierprodukte
in die wêreld. Senwes is ’n groot
John Deere agent en parte is altyd
beskikbaar. Werktuigkundiges met
Senwes bakkies daag vinnig by jou
op.”
Herbert se oupa was jare gelede
’n Ford handelaar in die gebied en
sy besigheid, Lategan Ford, was
een van die grootste verkopers
in die wêreld. Die besigheid is
later verkoop toe Oupa Lategan
op 96-jarige ouderdom in 2012
oorlede is. “Toe ek hier aangekom
het was dit net blou; nou is dit
groen.”
Dit is dus duidelik dat dinge
verseker op Esther en Twee Oew
ers Boerdery verander met elke
jaar waar ’n nuwe fase begin word.
Geen wonder dat hier net vooruit
geboer word. Esther in die Bybel
was immers net ’n gewone mens
wat geoormerk is om ’n volk te lei,
en so gee dié plaas ook leiding as
dit by landbousake kom.
MAGAZINE
YOUR AGRI CONNECTION
INTERESTING AND RELEVANT AGRICULTURAL NEWS
SENWES SCENARIO’S NEW APP IS HERE!
•
•
•
•
•
Page through our magazines
Get your latest agricultural news
Stay on top of the Agri calendar
This app is also available in both English and Afrikaans!
Manage your subscriptions
Subscribe to our printed version it’s free & our electronic newsletter
http://fwd2.co/ScenarioApple
http://fwd2.co/ScenarioGoogle
www.scenario.co.za