Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 25

••• KO L L IG Wild op hul plaas is net vir hulle eie gebruik so Herbert-hulle is nog nie deel van die ople­ wing in die wildbedryf nie. Herbert is ’n John Deere man met sewe John Deere trekkers, een John Deere gifspuit asook ’n John Deere stroper. sal darem ’n oes afgehaal kan word - ons kon plant en die goed kom op”. PERSOONLIK Herbert is al sedert 2001 met Adré getroud en op 27 April vanjaar sal hulle 15 jaar van getroude lewe vier. Hulle het ‘n dogter Arné, wat twaalf jaar oud is. WERKERS Herbert hou sy hand stewig op alles hier by Twee Oewers en het twaalf voltydse werkers. Ons praat oor die neiging dat werkers baie meer gespesialiseerd gaan raak en Herbert is van mening dat dit ’n ‘evolusieproses’ is. Hy probeer mense aanstel en deurlopend oplei. Dit is egter ’n lang­ same proses om ’n goeie span op te bou. ’n Mens hoor dikwels van boere wat wegbeweeg van die sogenaamde tradisionele familieboerdery. Die aandele in dié maatskappy is natuurlik verhandelbaar, wat die voort­ bestaan van die plaas op die wyse verseker. BOERDERY AS MAATSKAPPY Die plaas Esther is deel van Twee Oewers Boerdery, wat op sigself ’n unieke besigheidsnaam is omdat die plase aan weerskante van die oewer lê. Volgens hom is boerdery ’n lewensstyl en daar moet heeltyd planne gemaak word. “In die stelsel wat ons bedryf is ek nie ’n grondeienaar nie”. Hy noem verder dat grondhervorming moeiliker toegepas kan word wanneer eiendom in ’n maatskappy gesetel is. Dit is dus voordelig om die roete te volg en sodoende konflik te vermy. Nog ’n positiewe is dat dinge dan nie vreeslik verander nie. “Dit is lekker wanneer ’n besigheid kan aangaan en dit is wat in die geval van ’n maatskappy gebeur. Hulle tree ook op as stroop- en spuitkontrakteurs, wat deel van hulle maatskappy-aktiwiteite vorm. Van die ander aandeel­ houers bedryf die kontrakteursgedeelte aangesien Herbert nie daarby kan uitkom nie. Herbert Bruinette van Bothaville glo in ’n konstante benadering. EMOSIONELE VERBONDENHEID AAN DIE GROND ’n Mens bly maar verbind aan grond want dit kom uit jou voorgeslagte. Dit is egter effens anders by Twee Oewers > VERVOLG OP BLADSY 24 SENWES Scenario • Apr/Mei 2016 23