Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 24

••• KO L LI G Eenrigtingverkeer BY TWEE OEWERS BOERDERY AUBREY KRUGER Die Vaal is die rede vir die unieke naam, Twee Oewers Boerdery, omdat daar ‘n plaas aan elke kant van die Vaalrivier is. HERBERT BRUINETTE IS ’N AGTERMEKAAR BOER IN DIE BOTHAVILLE DISTRIK EN MET ’N ARGITEKTUUR GRAAD WAT HY EINDE 1994 BY TUKKIES VERWERF HET, IS HY DIE MAN WAT DINGE BY TWEE OEWERS BOERDERY AAN DIE GANG HOU. H y boer op die plaas Esther, waar sy oupa, Herbert Lategan, ook geboer het. Sy oupa het op 84, met vier dogters en een seun wat nie een wou boer nie, besluit om ’n maatskappy te stig. Grond is uitgekoop en Herbert Bruinette het saam met sy pa, Hendrik, broer Constand en suster Esther, begin boer. Hy verduidelik dat hy die vyfde generasie hier is maar sy pa self het nooit hier geboer nie. Hy het in Augustus 2002 hier in Bothaville begin boer. Dit is ’n familiemaat­ skappy - almal is aandeelhouers maar hy staan aan die stuur. BOERDERY Herbert beskryf hulle boerdery as ’n gemengde saaiboerdery. Hulle het ’n Afrikaner stoetkudde met 22 200 teelkoeie, sowel as ’n SA Vleis­merinokudde van ongeveer 600 stuks. Hulle ontvang ook ’n huurinkomste uit ’n ander deel van die plaas. Die plaas Esther beslaan 1 540 hektaar en hulle het ’n bykomende 300 hektaar by Walkraal in die Leeudoringstad distrik, aan die ander oewer van die Vaal. MOTTO Herbert sê om konstant te wees is die heel beste benadering. “’n Mens moet ’n resep volg wat werk, daarmee aanhou en nie vinnig groot veranderinge maak nie.” Indien jy wel verander moet jy volgens Herbert: “eers die water voel” en dan daaruit leer. “Ons sien altyd kans vir iets nuuts maar doen nie dinge radikaal nie.” Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario ELKE JAAR WORD NUWE DINGE AANGEPAK Hulle pak jaarliks nuwe sake aan. “Die mees onlangse projek was ’n pilfabriek waarmee ons in November 2015 begin het.” Hier word lusernpille vir hul eie skape gemaak en die lusern wat hulle self onder besproeiing plant, word alles gebruik vir die pilfabriek. Aan die begin was dit bedrywig in plant­ tyd, maar dinge verloop nou glad. OOR DIE DROOGTE Op dié stadium van die seisoen moet jy bepaal waar jou kontant­ vloei gaan wees. “Jy moet nou reeds voer opgaar om jou vee deur die winter te kry.” Hy dui aan dat hulle gelukkig was om geen diere te verloor nie, maar hy besef dat daar moeiliker tye in die winter voorlê. Die Afrikaners is egter gehard vir die toestande wat nou ervaar word. Hy is van mening dat ’n mens ’n voerkraal moet hê. Die beste raad is dat mens d