Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 20

••• AREA F OK U S AUBREY KRUGER Bothaville neem die voortou Die Senwes Silo’s is onmisbaar met sy 31 buise. NOEM JY DIE DORP BOTHA­ VILLE IS DAAR AMPERSE SINONIEME WAT DADELIK OPDUIK. MIELIEHOOFSTAD, DIE TUISTE VAN NAMPO EN TOT ONLANGS TOE NOG DIE TUISTE VAN GRAAN SA. D ié Vrystaatse dorpie is ook bekend as die middelpunt van die Mielie­ driehoek tussen Zastron, Mafikeng en Machadodorp, hoewel sekere bronne an­ der dorpe uitlig. En net soos die Bermuda Driehoek talle geheime bewaar, is daar taamlik baie ver­ skuilde skatte in die gebied. Eendag-Meule is reg langs Senwes se Silo’s. GESKIEDENIS Kom ons begin by die begin. Bothaville is oorspronklik as kerkdorp in 1891 gestig met die dorpsnaam amptelik op 1 Junie 1893 bevestig. Die dorp is vernoem na Theunis Louis Botha, wat die oorspronk­ like eienaar van die plaas was waarop Bothaville gestig is. BOTHAVILLE PRODUSEER Dié gebied produseer mielies, sonne­ blom, sojabone, grondbone sowel as aartappels en koring. Interessant is dat die dorp tydens ’n toerismeseminaar in 1995 deur die destydse Burgemeester, Ray Brink, amptelik as die Mieliehoofstad van Suid-Afrika verklaar is. Grootste Datsun/Nisssan versameling in Suid-Afrika! Freek de Kock het meer as 100 in sy stal. 18 Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario NAMPO Die groot nuus vanjaar is dat NAMPO Oesdag vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier.