Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 14

••• HA N D E LSN U U S Besoekers besig om alle kleure en geure gewere uit te toets. ‘n Voorsmakie van HuntEx te Gallagher uitstalsentrum in Midrand. Hinterland pronk weer by 2016 HuntEx DIE 2016 HUNTEX IS OM DIE DRAAI EN HINTER­LAND SIEN DAARNA UIT OM VAN­ JAAR WEER DIE BESOEKERS GAANDE TE HÊ MET HUL NUWE PRODUKTE. H untEx word gesien as die grootste kleinkalliber vuur­ wapenskou in Afrika en vanjaar is dit die sesde internasionale verbruikerskou. Dit vind plaas van 15 tot 17 April by die Gallagher Uitstalsentrum in Midrand. Hinterland is een van 391 uitstallers wat reeds vir die skou bespreek is en volgens Adriaan Woudstra, organiseerder en eie­ naar van HuntEx, sluit die uit­ stallers handelaars en vervaardigers van Libanon, die VSA, Duitsland, Engeland, Namibië, Pakistan, Tanzanië, Oostenryk en Italië in. “HuntEx is opgewonde oor besoekers van wyd en syd! Laasjaar se besoekersgetalle het almal verras toe 45 521 besoekers die skou oor die drie dae bygewoon het. Hierdie jaar is dié jaar! Ons berei voor vir ’n nuwe rekordgetal besoekers.” 12 Hinterland het vanjaar weer ’n oopplanstal (Saal 5, standplaas 575) waar die buitelewe- en die wapenreeks geïntegreer word om vir die besoeker die beste van beide wêrelde te bied. Daar sal ’n groot verskeidenheid produkreekse teen uitstekende pryse beskikbaar wees. Van hierdie produkte sluit in: Silencer threaded M13 .22 Silent killer X-Bag Scope 3-9x40 M NP Prostaff Nikon Rifle bag 48" 600D 25mm HD Padding SSG Black Lee Breech Lock Challenger kit F-1 Chrony chronograaf R1 550 R250 R2 600 R340 R2 450 R2 300 Hinterland sal vanjaar ’n inkopie­ paradys wees met ’n volledige nuwe Steve Hamiltons Camo klerereeks wat perfek uitgeknip is vir die bos! Dit is nie al nie - met al Hinterland se verrassings die jaar moet die besoekers luister vir die afslagklok wat gaan lui. Wentzel Jonker, Aankoper van Hinterland, moedig alle besoekers aan om die Hinterland uitstalruim­te te gaan besoek. “Op sekere tye van die dag gaan produkte teen baie minder as Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario JUANITA GREYLING hul normale pryse verkoop word. Voorraad gaan ongelukkig beperk wees en moet die publiek verseker uitkyk vir die produkte! Dit gaan beslis die moeite werd wees om daar te wees! Maak seker jy is daar om die produkte te kry.” Die volgehoue groei en sukses van HuntEx oor die afgelope ses jaar weerspieël ’n gesonde en vooruitstrewende wild-, jag- en sportskietbedryf in Suid-Afrika. So, moet nie die 2016 HuntEx misloop nie! Met 1,749 miljoen wettige Suid-Afrikaanse eienaars van drie miljoen vuurwapens en ’n 30% groei in deelname aan skiet­aktiwiteite in 2015 by die SA Jagters en Wildbewarings­vereni­ ging (SAJWV) se 74 takke lands­ wyd, kan vanjaar se HuntEx net opwinding inhou en word vuur­ wapenlisensiëring sterk aanbeveel. Lees gerus die volgende artikel oor die 2016 Vuurwapenwet. Die skoudatums en –tye is soos volg: Vrydag, 15 April 09:00 - 18:00 Saterdag, 16 April 08:00 - 17:00 Sondag, 17 April 09:00 - 16:00 Die ekspo is ook oop op Donder­ dag, 14 April vir genooide gaste.