R UB R IE K
koers ry wipplank en moet dop
gehou word. Die Nasionale Oes
skattingskomitee het die tweede
oesskatting vir die seisoen op 25
Februarie uitgebring. In die weste
van die somerreënvalgebied kan
in meeste gevalle nog nie ’n oes
skatting gedoen word nie omdat
die meeste mielies nog nie koppe
gevorm het nie. Die kanse is goed
dat die volgende NOK-skatting
baie laer vir die weste aangepas kan
word. Die NAMC het in sy nuut
ste skatting van 29 Februarie 2016
die verwagte witmielie-invoere
op 1.15 miljoen ton geskat en die
verwagte geelmielie-invoere op
2.75 miljoen ton.
Grafiek 3. Die prysbeweging van mielies, sojabone en SRW-koring op CBOT.
Grafiek 4. Witmielies: Spotprys, berekende en invoerpryse (Randfontein).
boonprys het eers later sy dalen
de tendens begin, maar beweeg
sywaarts. Tensy die Amerikaners ’n
strawwe droogte die volgende jaar
ervaar, word verwag dat die mie
lie- en koringprys vir eers op dié
vlakke gaan bly.
Om op te som: die internasio
nale sagtekommoditeitpryse is aan
die pap kant en wat ons pryse aan
betref kan ons nie veel ondersteu
ning van daardie kant af verwag
nie.
PLAASLIK
Witmielies en geelmielies
Wit- en geelmielies het vanaf R500
bo die berekende invoerpariteit
prys wat gedurende Januarie 2015
gegeld het, tot R750/ton hoër as
die berekende invoerpariteitsprys
•••
beweeg gedurende Maart 2016.
Ons weet dat Suid-Afrika van ’n
groot mielie-oorskot tot ’n mie
lietekort binne een seisoen kan
beweeg. Veral ten opsigte van
witmielies het die Safex kontant
prys tot heelwat bo die berekende
invoerpariteit beweeg. Die droogte
in witmielieproduserende gebiede
en die onsekerheid oor waar ge
noegsame witmielies ingevoer kan
word, gee aanleiding tot die situa
sie. Die droogte is in volle swang
en daar word oor die kort termyn
nie uitkoms gesien nie. Dit gaan
waarskynlik die mielieprys op hier
die vlakke tot ten minste Desem
ber 2016 ondersteun. Die rand/
dollar wisselkoers is ’n verdere
faktor wat die prys op ’n stadium
sterk ondersteun het. Die wissel
Oliesade kompleks
Nieteenstaande groot wêreld- en
Amerikaanse oordragvoorrade het
ons sonneblom- en sojaboonpryse
sterk opwaarts beweeg. Die El
Niño-seisoen met laer reënval en
hoë temperature het sonneblomen sojaboonopbrengste negatief
beïnvloed. Dit het wel na die
eerste oesskatting van die NOK
redelik laer beweeg. Die versterk
ing van die rand het ook saamgeval
met die eerste oesskatting, wat
die prys onder druk plaas. Die
sonneblom- en sojaboonprys het
vanaf die begin van Januarie begin
daal as gevolg van die verwagte
stroopdrukte. Die sonneblomprys
het gestyg weens die droogte in die
EU-sone, wat sonneblom en son
neblomprodukte skaars en duurder
maak. ‘n Verklaring vir die skerp
styging in die pryse van die twee
kommoditeite is te vinde in die
berekende vraag- en aanbodsituasie
vir sonneblom en sojabone.
Sonneblom
Hoewel daar die seisoen amper
110,000 hektaar meer sonneblom
volgens die NOK aangeplant was,
is die verwagte opbrengs soveel
laer dat 90,000 ton ingevo \