N UUS
Senwes Grainlink
–
•••
U besigheidsvennoot in landbou
AUBREY KRUGER
SENWES GRAINLINK IS
GEFOKUS OP DIE TOTALE
BEHOEFTE VAN DIE KLANT.
U KAN BY U NAASTE
SENWES SILO NOU MIELIES
MET ‘N VOGINHOUD VAN
TOT 18% EN SONNEBLOM
MET ‘N VOGINHOUD VAN
TOT 12% LEWER SONDER
DROGINGSKOSTE.
S
enwes Grainlink verstaan die
boer se behoefte in hierdie
droogtetyd om sy graan so vinnig
as moontlik in die mark bekend
te stel en sodoende die prysvoor
deel maksimaal te benut. Senwes
verleen dus verdere ondersteuning
aan sy produsente en klante deur
geen drogingskoste te verhaal nie
en deur geen verhoging vir die
hanteringskoste van mielies en
sonneblom in te stel nie.
Mielies met ’n voginhoud van
tot en met 16% is in die verlede
hanteer. Dit is nou verhoog tot
18% sonder enige drogingskoste.
Sonneblom met ’n voginhoud van
tot en met 12% word tans hanteer,
sonder drogingskoste, in vergely
king met die 11% voginhoud van
die verlede.
Die inneem van mielies en son
neblom met ’n hoër vogpersentasie
is onmiddellik van krag, maar is
net op beperkte hoeveelhede per
silo van toepassing.
Een van die voordele van boge
noemde aksie is dat dit die impak
van swerms duiwe sal beperk. Dié
swerms sak normaalweg toe op
veral sonneblomlande wat besig is
om af te droog en groot oppervlak
tes kan in die bestek van ’n paar
dae opgevreet word.
Die hantering van mielies en
sonneblom met ’n hoër voginhoud
is moontlik gemaak deur ’n kapi
tale projek van Senwes wat oor
’n drie jaar tydperk strek en meer
as R100 miljoen beloop. Hierdie
projek fokus op deurlugting en
versnelde inname van graan. Sen
wes is tans in die tweede jaar van
hierdie program.
Verdere voordele met betrek
king