Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 80

GEAGTE PRODUSENT, L andbou en veral primêre landbou, wat die roduksieproses behels, is blootgestel aan al die elemente en verskeie uitdagings. Vanjaar spesifiek, is ons te midde van ‘n wêreld-oorskot van graan, in ‘n moeilike situasie – veral sover dit witmielieproduksie aangaan. Die droogtetoestande het veral die westelike-gedeelte van ons land swaar getref. Ons klantebasis is dus midde in die situasie en is begrip, ondersteuning en meelewing vir Senwes van kardinale belang. N AMPO ••• Dit gesê, weet ons ook dat ons klante se vermoë en aanpasbaarheid by vinnig veranderende omstandighede baie hoog is en wens ons hulle dus die beste toe. Pro-aktiewe gesprekke met ons is altyd die beste oplossing en sal Senwes soos hy al 106 jaar lank doen, altyd bly fokus op sy klante. Beste wense, Francois Strydom BESTURENDE DIREKTEUR, SENWES Hinterland daar in goeie en moeiliker tyd D ie veranderinge in die makro-omgewing sedert die eerste week van Januarie 2015 tot middel Februarie herinner ons almal onwillekeurig aan die volatiele omgewing waaraan ons blootgestel is – veral in die landbou-sektor. Ons leef in ‘n era waar volatiliteit, onsekerheid, kompleksiteit en dubbelsinnigheid ‘n standaard pakket van ons lewens is en bly dit menslike natuur om die langer termyn voordele en makro waarde van ewewig te verloor indien ons nie onsself dwing om na die geskiedenis te kyk, en met dit in gedagte vir die toekoms beplan en daaroor te droom nie. Met dit in gedagte wil ek graag, namens die Hinterlandspan, aan al ons gewaardeerde kliënte bevestig dat ons nog altyd in die goeie tye en moeiliker tye langs u gestaan het. En dat ons saam met ons kliënte hartseer is wanneer dit moeiliker gaan, maar weet terselfdertyd ook dat ons Suid-Afrikaanse boere, mense is wat nog altyd by moeilike omstandighede kon aanpas en eksponensieël daardeur gegroei het. Ons weet dit sal nie anders wees hierdie rondte nie. Die Hinterland-span, ons ondersteuningsdienste en verskaffers wil u opnuut verseker van ons beste ondersteuning en diens om die negatiewe impak van hierdie moeiliker siklus te oorbrug. Ons doen dit graag om u te bemagtig om dit wat u uitstekend kan doen, naamlik om vir Suid-Afrika kos te produseer, te verwesenlik, en ons eer u daarvoor. Sterkte en wees verseker van ons beste ondersteuning en respek vir wat u doen vir hierdie land. Frans du Plessis en Hinterland span. SENWES Scenario • April/Mei 2015 78