Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 8

••• HO OF STOR I E Help en leer swart boere – hulle het mentors nodig. Ek verwag van wit boere om te mentor en ander te leer. OOR PLAASMOORDE Plaasaanvallers is kriminele. As hulle net weet wat doen dit aan ons land as hulle mense op plase aanval. Dit skep nie beleggersvertroue nie. Ons moet hierdie kriminele isoleer. Hulle is agter die geld aan. Die boere is sagte teikens omdat hulle op afgeleë plekke bly. Ek werk reeds saam met die polisie sodat daar opgetree kan word dat boere en hul werkers veilig bly en werk. SY PLEIDOOI EN DANKBAARHEID Dankie vir ‘n vennootskappe met mense soos Graan SA. Ons moet saamwerk aan oplossings, sodat ons trots kan wees en ons die nasie kan voer. Ons kan nie die weer beheer nie, maar as die regering kan ons help en na jul klagtes luister soos byvoorbeeld met die bystand van waterlisensies. Ek vra vir vennootskappe. ‘n Boer maak ‘n plan en ‘n plan moet gemaak word... Kom ons stel Suid-Afrika eerste. Kom ons wees trots. Ek wil sien dat die rol van plaaswerkers en boere as die belangrikste geag word. Ek is julle ambassadeur. Ek werk saam met julle. Ek wil jul probleme hoor. Julle probleme en julle vrese is ook ons s’n. TEKEN IN: VOLTOOI DIE VOLGENDE INLIGTING OM IN TE TEKEN VIR DIE SENWES SCENARIO-TYDSKRIF: Naam: Posadres: Poskode: Woonbuurt: Dorp: Kontaknommer: Epos adres: Stuur na Posbus 31, Klerksdorp 2570 of faks na 0809414011 of epos aan [email protected]