Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 68

••• T UIN M AAK DIE HERFS IS BESIG OM NADER TE KOM EN DIE DAE WORD KORTER MET DIE SON WAT ELKE DAG LATER OPKOM. DIS NOU TYD OM TE BEPLAN VIR JOU WINTERTUIN. ALGEMENE TUINTAKE: Rankplante se dooie takke kan nou uitgesny word, saad uitgeknip word en in die algemeen netjies gemaak word. Bougainvilleas moet nou genoeg voeding kry. Gebruik ‘n kunsmis hoog in stikstof soos Wonder 8:1:5 om die blomme se ontwikkeling te bevorder. Lelieboorders is steeds aktief in jou amaryllis en 66 cliviabolle. Beheer deur met Garden Ripcord op ‘n weeklikse basis rondom elke plant te spuit. Molkrieke veroorsaak dooie kolle op jou grasperk. Dit word effektief beheer met Merit SC van Coopers ES Berei die groentebeddings goed voor deur dit diep om te spit en goeie kompos oor te strooi. Jy kan nou uie, wortels, beet, broccoli, ertjies, radyse, spinasie en blomkool saai. Vir kleur in die wintermaande kan Namakwalandse madeliefies, pronkertjies en stokrose gesaai word. April/Mei 2015 • SENWES Scenario HOEKOM BLOM MY BOUGAINVILLEAS NIE? 1. Plant in potte Bougainvilleas hou daarvan dat hulle wortels saamdruk in ‘n pot. In die grond sal die plant vegetatief bly en blom dit baie min. 2. Sit die potte in volle son! 3. Maak seker dat jou potte deeglik dreineer. Gebruik goeie kwaliteit potgrond gemeng met ‘n ryk kompos. 4. Gee kunsmis ryk aan potas soos Wonder Rose & Flower (8:1:5) wat blomgroei stimuleer. 5. Gee elke tweede dag water. Maak seker dat die grond in die pot droog voel voor jy water gee. Gee water totdat die water by die dreineringsgate uitloop. Dennis Wright, ‘n landskapargitek, het gesê: “Die bougainvillea daarvan hou om te verwelk.” Dit is moeilik om te weet wanneer die plant verwelk, maar ek kan gewoonlik sê wanneer die pot grond begin om droog te word.