RUB RIE K
FOTO: LEEF
DIE SON SKYN WEER ... OOK
OOR VERSKROEIDE LANDE
MILANIE VOSLOO
DROOGTE HET ‘N MANIER OM DIE BLARE
VAN HOOP VAN ONS HARTE AF TE RUK. ONS
WEERLOOS EN MOEDELOOS TE LAAT. OM ONS
GESTERFTE LANDE TE SIEN WAAR DIE NÍÉ-REËN
REEDS SY TOL GEËIS HET, PLAAS ONS MIDDE IN ‘N
HOOPLOSE WOESTYN WAAR ONS SOMS SUKKEL
OM DIE VOLGENDE OASE RAAK TE SIEN.
M
iskien is dit juis
in dorre, hooplose
tye wat ons onsself moet vra
waarin ons ware vertroue lê.
Meer nog: in Wíé ons hoop
gegrondves is. Want hoop-opons-Vader lê nie noodwendig in
ons omstandighede nie, maar
in sy onwrikbare beloftes van
trou. Dit lê nie in ‘n goeie oes,
welvaart en genoeg-vir-môre
nie, maar in die wete dat Hy
ongetwyfeld ín ons môre sal
wees. Dat Hy daar is waar ons
oes verdroog grond toe tuimel,
waar balansstate nie meer klop
nie, waar ons nie antwoorde
het nie. Ja, juis daar ís Hy.
Sál Hy weer nuwe toekomsweerkaatsing op die water-vanlewe skep.
Sonder hoop, bly ons in die
droë woestyn: Soos in Psalm
107:4: Party mense sukkel in
die lewe; hulle weet nie watter
kant toe nie. Dis asof hulle in
die woestyn verdwaal het...
Hulle soek oplossings, maar kry
niks...” Mét hoop gee ons egter
wel die volgende tree omdat ons
wéét dat ons Vader reeds in die
toekoms is. Soos Psalm 107:7 lees:
In hulle nood het hulle die Here
gevra om te help. Hy het hulle uit
daardie moeilikheid gehelp. Hy
het hulle gehelp om weer gelukkig
te wees. Sy hulp het hulle weer
nuwe koers in die lewe gegee.
Ons aanbid ‘n God