•••
D RUPP E LS OP DI E DA K
HOE VERLOOP
DIE SEISOEN SOVER
THYS GROBBELAAR
‘N PERSPEKTIEF OP HISTORIESE REËNVALDATA
IN DIE TRADISIONELE SENWES-GEBIED.
Dit is partykeer baie interessant om ‘n bietjie in die verlede te
krap om ‘n idee te kry watter klimatologiese uiterstes ons al beleef
het. In die data wat nou bespreek gaan word, is die gemiddelde
reënval per somer-produksieseisoen van tien weerstasies wat
redelik verteenwoordigend van die Senwes-gebied is, gebruik. Die
reënvaldata is beskikbaar vanaf die 1915/1916 seisoen tot tans. Die
progressiewe reënval vir 2014/2015 wat in die grafiek aangedui
word, strek vanaf die 1ste Julie 2014 tot die 16de Maart 2015.
REËNVAL VARIASIE:
Met die eerste oogopslag is dit duidelik dat daar uiters groot
variasie is tussen seisoene wat totale seisoensreënval aanbetref. Die
gemiddelde standaard afwyking vir die tien weerstasies is 119 mm
met ‘n koëffisiënt van variasie van 20.7%. Dit is in algemene terme
baie hoog. Wat interessant is, is dat hoe verder wes mens beweeg,
hoe laer raak die reënval en hoe hoër word die koëffisiënt van
variasie. Indien ons die Bultfontein weerstasie as voorbeeld neem,
blyk die volgende. Die standaard afwyking van die seisoenale
reënval is 149.7mm en die
koëffisiënt van variasie is
32,5%. Indien ons na ‘n
weerstasie wat heelwat meer
oos geleë is soos Ermelo kyk,
is die standaard afwyking
van die seisoenale reënval
79 mm en die koëffisiënt
van variasie 11.5%. Die
Ermelo reënvalstasie het
ook ‘n baie hoër gemiddelde
seisoenale-reënval naamlik
688 mm teenoor Bultfontein
se 460 mm. Mens sou die
afleiding wou maak dat die
Bultfontein-distrik amper
ongeskik vir somergraanproduksie moet wees, maar
tog is dit ‘n baie goeie somer
graan-produserende distrik.
Wat wel in die guns van
die Bultfonteindistrik tel,
is sy grond geaardheid, wat
diepte en tekstuur aanbetref
en topografie. Die gronde
beskik oor die vermoë om
selfs hoë intensiteit reënbuie