Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 54

••• RUBR I E K “ DIE SITUASIE GEE DAARTOE AANLEIDING DAT PRODUSENTE EN SPEKULANTE ‘N GELEENTHEID SIEN OM GROOT GELD TE MAAK. WEES NET VERSIGTIG, ‘N MENS KAN NIE JOU VERLIES AS GEVOLG VAN ‘N DROOGTE SOMMER MAKLIK OP DIE GRAANBEURS REGSTEL NIE. definitief invoere impliseer wat die prys aansienlik kan ondersteun. Daar is sprake dat die uitermate hoë temperature bestuiwing baie nadelig beïnvloed het en kan die opbrengs laer beïnvloed. Die ope vraag is steeds: Wat gaan die finale oes wees? Ons sal moet wag en kyk. PRYSBEWEGING: Teen die agter grond van die vorige bespreking dui die bostaande grafiek die prysbeweging van die Julie witmieliekontrak op die JSE aan. Die drastiese 52 ” prysstyging sedert begin Februarie 2015 dui aan dat die mark ‘n redelike klein oes verdiskonteer. Daar was amper ‘n R1 000/ton styging in ‘n baie kort periode. Tans ry die witmielie wipplank op grond van onsekerhede rakende die oesgrootte. Die berekende invoerpariteit van Amerikaanse witmielies is ongeveer R3 450 per ton gelewer in Randfontein. Daar is tans ‘n $35/ton premie op Amerikaanse witmielies bo geelmielies. Indien invoere onafwendbaar is, kan mens April/Mei 2015 • SENWES Scenario jou eie som maak om te sê waar die prys moontlik kan beweeg. Die situasie gee daartoe aanleiding dat produsente en spekulante ‘n geleentheid sien om groot geld te maak. Wees net versigtig, ‘n mens kan nie jou verlies as gevolg van ‘n droogte sommer maklik op die Graanbeurs regstel nie. Gesels met ‘n geakkrediteerde makelaar om jou te adviseer sou jy aan die mark wou deelneem. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING: Onsek \