Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 51

R UB R IE K GRAANMARKVOORUITSIGTE: HOE GROOT GAAN HY WEES? THYS GROBBELAAR INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE: WÊRELD EKONOMIESE VOORUITSIGTE: Soos onderstaande grafiek aandui het bykans al die ekonomieë in die wêreld vanaf 2005 sterk groei getoon en vrese het ontstaan dat daar tekorte aan kommoditeite soos grane en energie gaan wees. Ons onthou nog die drastiese stygings wat in die kommoditeite voorgekom het veral gedurende 2006 en 2007. Dit is tot stilstand geruk deur die wêreldresessie gedurende 20082009. Sedertdien sukkel die meeste ekonomieë; veral die ontwikkelde ekonomie om kop op te tel. Die laer ru-olieprys laat die groeiverwagtings beter lyk, maar is nie ‘n oplossing vir die onderliggende finansiële probleme nie. Die relatiewe lae ekonomiese groei verwagtings plaas ‘n demper op die vraag en derhalwe prys van veral sagte kommoditeite soos grane en oliesade. VOORRADE: Die meeste grane en oliesade se oordrag-voorraad uitgedruk as ‘n % van verbruik,is op gemaklike vlakke in die wêreld. Die afplatting in die meeste ekonomieë in die wêreld en goeie landbou toestande het tot die styging in die meeste landbou kommoditeite se oordragvoorrade bygedra. Die genetiese vordering in die produksie van gewasse, asook verbeterde produksie praktyke het verder tot verhoogde produksie aanleiding gegee. Die wêreld se oordrag voorraad is die hoogste in 12 jaar. PRYSE: Die Amerikaanse geelmielieprys het amper gehalveer die afgelope twee jaar. Soos vermeld speel die oordragvoorraad, energiepryse, asook die verwagting van die wêreld ekonomiese groei ‘n groot rol. Ongelukkig word die wêreld se mieliepryse in die meeste gevalle van die Amerikaanse prys afgelei. •••