Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 5

A L L E S E N N O G WAT Pieter & Tshepo Jay by Huntex BOER WETENSKAPLIK EN WEN... PRESISIEBOERDERY OP PLASE, OOK IN BEESBOERDERY, WORD TOENEMEND BELANGRIKER. LEES OP P20 MEER OOR PRESISIEBOERDERY IN JOU BEESVERTAKKING. Oraloor gehoor... Cerneels Claassen – Produsent by GraanSA-kongres aan mede-produsente: “Gee u leiers opdrag om ten beste van ons en ons land op te tree...” T HIS A N D T HAT Jay du Plessis is ‘n kranige skut en jagter. Hy ondersteun Hinterland Wapens graag. Daarom sal die bekende sanger op 24 April, heeldag in die Hinterland stalletjie by die Huntex Skou by Gallagher Estate in Johannesburg saamkuier. Kom ontmoet hom gerus. Ruil jagpraatjies uit, neem ‘n foto saam met hom en kry sy handtekening. Senwes se Handelsmerknavorsingsprojek is in volle vaart JOHAN LE GRANGE JNR Japie Grobler – ASUF “Daar is ‘n intense behoefte om jongmense onder veertig betrokke te kry in die landbousektor...” Schalk Pienaar – Agbiz “Die ware doelwit van grondhervorming moet volhoubaar en lewensvatbaar wees... nie ideologies en polities gedrewe.” Ramondé Odendaal – Senwes Landboudienste “Wild bied verligting aan boere as alternatiewe boerdery vertakking.” Hennie Snyman – Paradigm oor presisieboerdery “Die dae toe dit genoeg was as die bul en windpomp in werkende toestand op jou plaas is, is verby...” D ie Senwes-navorsingsprojek is daarop toegespits om tevredenheid van kliënte te toets en in voeling met hul behoeftes te bly. Die eerste fokusgroep met kliënte is op 18 Maart in Potchefstroom by die Senwes Village gehou. Nog fokusgroepe is op Bothaville en Kroonstad gehou. Daar is ook fokusgroepe met sekere personeellede gehou om hul ervaring en indrukke van die maatskappy te kry. Al hierdie inligting sal dan gebruik word om vraelyste op te stel vir navorsingsdoeleindes. Indien u gekontak word, sal ons u samewerking opreg waardeer.