Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 47

R UB R IE K SLAGGATE WILLIE LOUW IN KORTTERMYNVERSEKERING IN DIE VORIGE VIER UITGAWES IS INDRINGEND AANDAG GEGEE AAN DAARDIE ALGEMENE VOORWAARDES WAT ‘N WESENLIKE INVLOED OP DIE HANTERING VAN ‘N EIS VAN ‘N VERSEKERDE KAN HÊ EN DIE HANTERING DAARVAN DEUR ‘N VERSEKERAAR. A spekte wat reeds aangespreek is, is ondermeer • Versekerbare Belang • Direkte Oorsaak • Beginsel van Goeie Trou • Kennisgewing van Verandering • Voorkoming van Verlies • Ander Versekering (Dubbele Versekering) • Awery of Onderversekering Vervolgens kyk ons na die Algemene Voorwaarde betreffende eise prosedures en vereistes. EISE Dit is seker dié Algemene Voorwaarde wat aanleiding gee tot die meeste geskille tussen ‘n Versekerde en sy Versekeraar. Daar is heelwat voorskrifte aangaande die indiening van eise. Ons gaan egter slegs ‘n paar daarvan aanspreek: KENNISGEWING Versekeraars se bewoording verskil, maar is die algemene beginsel dat die eis so spoedig moontlik (binne 30 dae) skriftelik by die Maatskappy aangemeld moet word. (Die Makelaar word vir hierdie doeleindes geag die Maatskappy of Versekeraar te wees). Let daarop dat alle onkoste met die eis en ter stawing daarvan, vir rekening van die Versekerde self is. In die volgende gevalle - maar nie beperk daartoe nie - word vereis dat die voorval onmiddellik by die polisie in die gebied •••