N UUS
•••
NICOLIZE VAN DER WALT
BOER GERT glo aan baie G’s op sy plaas
GERT COETZER BOER OP DIE PLASE
GOEDGEVONDEN EN BONNE ESPERANCE IN DIE
KLERKSDORP-OMGEWING. HIER KLIM HY GRAAG
SELF OP DIE TREKKER EN DOEN DIE HARDE WERK
WAT MET SAAIBOERDERY GEPAARD GAAN.
S
y eerste plaas het hy
met behulp van sy
motorverkoopsman-salaris in
1987 gekoop. Heelwat dinge
het sedertdien in sy lewe
verander en vandag is Gert ‘n
suksevolle sakeman, asook die
eienaar van nog ‘n spogplaas.
Hy spog ook met Proteakleure in skiet.
Sy lewe en boerdery word
op verskeie woorde wat met
die letter G begin, gebou:
God, Geloof, Genade,
Gebede, Geluk, Gesindheid,
Gesondheid, Geleenthede
en ‘n Gesin wat hom
Geestelik ondersteun.
Sy een seun is sowat vier jaar
gelede oorlede en hy het saam
met pa geboer. Vir Gert was
dit ‘n groot slag en erken hy
onomwonde hy sal sy “tjekboek
leegmaak om sy seun weer
terug te kry” Hy het egter nog
twee seuns, een wat verskeie
besighede help behartig en
een op skool. Hy het ook ‘n
kleinseun en drie kleindogters
waarop hy baie trots is.
“Mens moet ‘n gesonde
gesinslewe hê – ‘n balans.
Myne hang nog ongelukkig
vreeslik swaar na: “In die sweet
van jou aangesig, sal jy jou
brood verdien”. “Ek ry baie
self die trekker – nie net met
lugreëlings nie, maar ook die
met ‘n oop kajuit.” Dis dan
wat hy self boer en so vuil is
dat dit tot drie wasse vat om
sy werksklere skoon te kry.
Gert beskryf sy vrou as
‘n “baster-Griek” wat baie
hard kan werk en hom nie
net help om die pot aan
die kook te hou nie, maar
ook om die pot oor die jare
effens voller te laat word.
Presisie is belangrik, maar
werk stelselmatig daarna.
Hiermee bedoel hy dat jy
met ou toerusting steeds kan
boer en goeie opbrengste
kan verwag. “Koop hom
as jy reserwes het en weet
jy kan jouself dra vir ten
minste twee swaar jare.”
Reeds baie jare doen hy
sy meganisasie-onderhouden aankope deur Senwes
Meganisasie en verseker sy
mede-produsente jy hoef
nie nuut te koop nie. “My
planters se spasiëring is die
jaar na kalibrasie beter of
net so goed soos die beste
presisie planter, nou te koop
teen miljoene rande. My
“ou – nuwe” planters, wat
darem reeds lankal betaal is,
spaar my miljoene en is daar
geen rede om iets aan te skaf
(op skuld) wat die hele pad
vol loop as jy dit verskuif
van een plaas na ‘n ander.”
Oor elektronika en
tegnologie sit hy op twee
stoele... “As ek moet skuld
maak om tegnologies en
elektronies by te hou – nee wat,
die konvensionele, maar tog
moderne manier maak geld. Jy
kan elektronies en tegnologies
baie ver gevorderd wees, en
nou gaan ek ‘n bom ontlont
en volgens die boek boer en
dit net steeds nie maak nie.
“Hiermee sê ek nie raak
agter nie, maar ek gaan ‘n baie
jammerlike voorbeeld gebruik –
ek was jare gelede op Die Boer
van die Jaar bekendstelling.
Dit was baie indrukwekkend
– ek het gevoel ek moet ophou
boer toe ek huis toe gaan. ‘n
Jaar later het dieselfde boer ‘n
gedwonge veiling gehou...”
Hy het verskeie lesse geleer
oor boerdery en raad gekry.
“My pa het gesê: “Moenie
oor die draad kyk wat jou
buurman doen nie, sorg
dat hy kyk wat jy doen”,
En hierdie kan ander
voornemende kopers en boere
maar ter harte neem: Betaal
eerder te veel vir ‘n goeie plaas
as w ]