Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 44

••• AG RI - W E N K E Le Tucana. Stoelrog (Secale cereale): Conrah, Pan 233, Agriblue, Echo. • Korog (Triticosecale): Rex, Tobie, Bacchus, Kiewiet, Pan 248, Pan 299. • Japanese Radys (Raphanus sativus): Nooitgedacht, Lomo, Star 1650 • Let daarop dat daar verskillende koue behoeftes bestaan by die kultivars, en kultivars daarvolgens gekies word om te voldoen wanneer die voer benodig word. In gebiede soos bv. die Suidelike dele van die Senwes-gebied, is die natuurlike veld in ‘n baie goeie toestand. Dit verhoog • die brandgevaar en daarom is dit belangrik om vrye tyd aan te wend en brandbane betyds skoon te maak. VEE Dit is nou ‘n goeie tyd om oor te skakel na ‘n oorgangslek of selfs reeds ‘n winterlek afhangend van jou eie omgewingstoestande. Daar gaan hierdie winter verseker voertekorte wees, so maak vroegtydig voorsiening en koop die nodige voere aan want voorrade gaan min en dun wees. Verkoop vroegtydig onproduktiewe diere. Winter-entings moet gedoen word, ent Clostridiums, lam- en miltsiekte asook Brucellose (BM) vir verse jonger as 8 maande.