Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 37

N UUS SUSARI GELDENHUYS met graan DIE SENWES GRAANMAKELARY SPESIALISEER IN DIE VERHANDELING VAN ‘N GROOT VERSKEIDENHEID AFGELEIDE INSTRUMENTE OP DIE JSE, WAT WISSEL VAN SAGTE KOMMODITEITE, HARDE KOMMODITEITE TOT ENERGIE INSTRUMENTE. TABEL 1 TOON SOMMIGE VAN DIE AFGELEIDE INSTRUMENTE WAT DEUR DIE SENWES GRAANMAKELARY VERHANDEL KAN WORD. DIE TABEL TOON ONDER ANDERE VERSKEIE KONTRAKSPESIFIKASIES VAN ELKE KONTRAK, ASOOK ‘N SENSITIWITEITSANALISE OP PRYSBEWEGINGS. ••• QUANTO TERMYNKONTRAKTE Die Quanto Corn termynkontrak is soortgelyk aan ‘n Corn termynkontrak in die sin dat dit ‘n Rand-gedenomineerde kontantbeslegtingskontrak is, met die uitsondering dat die Quanto Corn termynkontrak se prys nie beïnvloed word deur die Rand-Dollarwisselkoers nie. Die Quanto Corn termynkontrak se prys mimiek die Chicago Board of Trade (CBOT) Corn termynkontrak se prys. Die verhandelingsmaande vir die kontrak is Februarie, Mei, Augustus, en November wat dan onderskeidelik na die Maart, Julie, September, en Desember CBOT Corn termynkontrak verwys. Bron: JSE en outeur SENWES Scenario • April/Mei 2015 35