Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 31

HA N D E L SN UUS ONTMOET jou CertiSure makelaar Wat doen jy tans by CertiSure? Ek is ‘n korttermynversekeringsmakelaar in Bloemfontein, Bultfontein en omliggende omgewing. Wat was jou planne na skool en hoe het jy hulle uitgevoer? Ek het Regte gestudeer en ‘n B. Juris-graad behaal aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hoe het jou loopbaan gevorder?  Waar het jy gestudeer en grootgeword? Ek het skoolgegaan by Jim Fouchè  Hoërskool in Bloemfontein en na my studies aan die UV het ek, in 1995, by Senwes se versekeringsafdeling begin werk.  In 1998 is ek bevorder tot eiseklerk en in 2005 het ek ‘n makelaar geword. Hoe sien jy jou toekoms binne die maatskappy? Na 20 jaar diens sien ek uit na die volgende 20 jaar!  Ek werk baie lekker saam met my kollegas in die kantoor, en ons is ‘n gedugte span. Baie dankie aan Cornè, Elizma, Joeline en Chantel vir al jul harde werk. Beste raad wat jy kan gee vir jou kliënte? Heg waarde aan die professionele advies van ‘n makelaar.  Pas jou goed op sodat jy nie onnodig hoef te eis nie.  Pas jou eie risikobeheer toe. As jy sukkel om die premie by te bring, kan jy jou premie laag hou deur net die noodsaaklikste op jou versekering te sit. Wat doen jy in jou vrye tyd? Extravaganza NICOLIZE VAN DER WALT VIR NUWEBOERE OP BIESIESVLEI Ek is ‘n lid van die plaaslike GPF (gemeenskapspolisiëringsforum); ek ry en stap patrollie met my Duitse herdershond, Otto. Hy is nou ses maande oud en word opgelei om aanvalswerk en opsporing te doen. Ons opleiding stem baie ooreen met die Schutzhund-opleiding oorsee. Getroud, kinders, name en ouderdom? My man is in 2007 in ‘n motorongeluk oorlede. Ek het ‘n pragtige negejarige dogtertjie, Zandri – sy hou my op my tone! My ma [