N UUS
by geleentheid die mielieprys
gebruik vir politieke gewin.”
Nog ‘n punt is die
beskikbaarheid van valuta
wanneer jy jou winste wil
repatrieer. Jy het Dollars of
Rande nodig om die geld terug
te bring na Suid-Afrika toe en
dis nie altyd beskikbaar nie,
want die lande voer meer in as
uit. Weens die beperkte valutareserwes kan jy nie net jou geld
uit die land uit bring nie en
jou geld bly daar vir lang tye
en bly vir lang tye blootgestel
aan skommelinge. Hierdie
realiteite skep op sy beurt
geleenthede vir korrupsie wat
die algehele situasie bemoeilik.
“Plaaslike lenings in
Afrikalande dra soms reuses
rentekostes. Sou jy besluit
om geld plaaslik te leen kan
jy verwag om teen 30% +
rentekoerse finansiering te kry.
Kapitaal en rente moet later met
winste wat in die Afrikalande
gemaak is, terugbetaal word.
KRITIESE MASSAS
Jy moet minimum standaarde
vestig wanneer jy betrokke raak.
Stelsels, mense, kantoorspasie,
rekenaars, infrastruktuur,
aanvaarbare huise en vervoer
impliseer groot uitgawes en word
‘n groot deel van die maatskappy
se inkomstes aangewend om die
uitgawes te dek. Hierbenewens
moet die maatskappy ‘n verdere
kritiese massa in aktiwiteite bereik
om ‘n redelike opbrens op die
belegger se investering af te lewer.
Esterhuysen verduidelik dat
‘n minimum kritiese masssa van
tonne dus noodsaaklik is om
dit die moeite werd te maak
vanuit ‘n besigheidsoogpunt. Dis
uiters moeilik om dit te doen en
sommige gevalle onmoontlik.”
Die uitdaging is daarin gesetel
dat daar min goeie konsentrasie
van produksie is. Groot afstande
moet afgelê word om bv. slegs
2 000 ton mielies aan te
koop. Die verspreiding van
produksie is nie gekonsentreer
nie. Die afwesigheid van
opbergingsfasiliteite, swak
infrastruktuur en paaie maak
dit moeilik om voorraad op
te bou. “En omdat jy nie
vooruit kontraktering kan
doen nie – weens risiko van
wanprestasie – koop jy mielies
soos dit beskikbaar word.
“Alles maak die behaling
van die kritiese massa moeilik.
Net om gelyk te breek is ‘n
uitdaging. Die opbrengs per ha
is 1.2- 2.2 ton per ha – hierdie
is deel van die geografiese
probleem. Graan word teen ‘n
lae opbrengs per hektaar oor
groot areas geplant en boonop
word die meeste graan vir eie
gebruik teruggehou. Min graan
word dus kommersieël beskibaar
gestel. Plase is nagenoeg 1h
groot en lewer dus maar 40
tot 50 sakke mielies op.
•••