Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 16

••• NUUS SENWES MEGANISASIE: Hulp is ‘n oproep ver D SENWES MEGANISASIE SPOG MET NÓG ‘N EERSTE IN SUIDAFRIKA. EERSDAAGS IS ENIGE TEGNIESE HULP WAT JOHN DEERE-EIENAARS OF SENWES MEGANISASIE KLANTE MAG BENODIG, NET ‘N OPROEP VER. NICOLIZE VAN DER WALT ie oproepsentrum sal vanaf Senwes, Hoofkantoor in Klerksdorp bedryf word en sal vir die aanvangstydperk kantoor-ure beskikbaar wees. Personeel van presisieboerdery sal die oproepsentrum beman. Die oproepsentrum se ure sal verleng word gedurende planten stroopseisoene indien nodig. E-posboodskappe sal via die JD Link-modem foutkodes deurstuur wat op die rekenaarstelsel by die oproepsentrum sal registreer. Die foutkode sal dan via die oproepsentrum na die klant se naaste werkswinkel deurgegee word. “Dit beteken die klant kan dadelik reaksie kry en die oproepsentrum kan ondermeer vasstel of dit ‘n presisieprobleem of ‘n toerustingprobleem is. Sommige foute gaan direk vanaf die oproepsentrum hanteer kan word via elektroniese verbinding tot die John Deere-produk,’’ verduidelik Ferdie Pieterse, Bestuurder: Meganisasie. Die JD Link voorraad is binnekort beskikbaar. Intussen kan enige ander navrae ten opsigte van meganisasie – soos byvoorbeeld ‘n onderdeleprobleem hierheen ingebel word. Die produsent kan sy probleem of navrae in ‘n stemposboodskap los. Sulke boodskappe sal dan aan die relevante personeel of werkswin