Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 13

KO L L IG moontlik. Nagenoeg 10 ha tef is onder spilpunt en sorg hulle dat hul diere goed eet, selfs midde ‘n droogte. Tussen die twee plase plant hulle sowat 300 ha voer aan. Hul diere vreet lusern, tef en wildspille. Toe hulle die wildbedryf betree het, het hulle van die begin af besluit om gróót te gaan en eerder kwaliteit diere te koop as ‘n groot getal diere. Beide broers, asook hul pa Nico en broer NF is deel van Soetvelde Farms wat ook ‘n lid van Kroon Stud Game wat vanjaar op 22 Augustus hul wildveiling aanbied. Die twee is huiwerig om rand en sent te praat, want hulle is bang dit skrik voornemende wildboere af . Hulle is dit eens dat boere wel met R1 miljoen steeds die wildbedryf kan betree en steeds “fantastiese opbrengste kan ervaar”. So sku as wat hulle is om rand en sent te praat, so entoesiasties praat hul saam as hulle oor die wildbedryf praat. Hulle verduidelik hul voorspelling rondom die sogenaamde borrel waarin die wildbedryf bestaan, is eenvoudig: “Die skeiding gaan kom in pryse en in kwaliteit. Volgens hulle gaan die skeiding mettertyd kom tussen top en laer kwaliteit diere. Top diere se pryse kan aanhou styg en die laer kwaliteit diere se pryse gaan stagneer of stadig daal oor ‘n lang tydperk soos die diere vermeerder Hier noem hulle die voorbeeld van eksotiese voëls waar die bedryf reeds meer “ WAAR ANDERS SAL JY ‘N OPBRENGS KRY SOOS IN DIE WILDBEDRYF? AL DAAL JOU DIERE SE PRYS MET  50% SAL JY BESLIS  NOG ‘N GOEIE OPBRENGS KAN KRY OP JOU BELEGGING as 80 jaar bestaan en tot vandag nog word verskeie broei-pare vir meer as n R1 miljoen verkoop... Hulle kyk na ander rolspelers binne die wildbedryf en is gerus om te weet gesoute sakemanne belê hul geld in wild. “Waar a