INLEIDING
D
ie verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwesbel Beperk (“die
maatskappy”) soos op, en vir die ses maande geëindig, 31 Oktober 2019 sluit
in die maatskappy, al sy filiale en gesamentlik beheerde ondernemings (gesa-
mentlik na verwys as “die groep”).
Die Senwesbel Beperk verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate, insluitend die
staat van finansiële posisie, staat van omvattende inkomste, staat van veranderinge in
ekwiteit en staat van kontantvloeie vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2019, word
voorberei ooreenkomstig die vereistes van die Internasionale Finansiële Verslagdoe-
ningstandaarde (International Financial Reporting Standards (IFRS)) en die interpretasies
soos aanvaar deur die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad (International
Accounting Standards Board), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Reken-
meesters (South African Institute of Chartered Accountants (SAICA)), Finansiële Rap-
porteringsriglyne (Financial Reporting Guides) soos uitgereik deur die Rekeningkun-
dige Praktyke Komitee (Accounting Practices Committee), finansiële uitdrukkings
soos uitgereik deur die Finansiële Verslagdoeningstandaarderaad (Financial Reporting
Standards Council), die voorleggingsvereistes van IAS 34 Tussentydse Finansiële
Verslagdoening en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, 71 van 2008.
Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding van hierdie verkorte
tussentydse resultate is ooreenkomstige IFRS en is konsekwent met die rekeningkundi-
ge beleide wat toegepas is in die voorbereiding van die groep se vorige geouditeerde
gekonsolideerde finansiële jaarstate, behalwe soos aangedui in aantekening 7 van
hierdie finansiële jaarstate.
Hierdie tussentydse resultate is nie geouditeer en ‘n onafhanklike oorsig is nie gedoen
deur die groep se eksterne ouditeure nie. Die tussentydse verkorte finansiële state sluit
nie alle inligting en openbaarmaking in soos vereis in die jaarlikse finansiële state nie en
moet gelees word in samehang met die groep se jaarlikse finansiële state soos op 30
April 2019.
Alle bedrae hou verband met die groep se resultate, tensy anders aangedui.
Die direkteure van die groep neem volle verantwoordelikheid vir die voorbereiding van
hierdie verslag.
Die groep se resultate is onder toesig van E X Walker, GR (SA) voorberei.
Die resultate is gepubliseer op 5 Desember 2019.
2
SENWESBEL ONGEOUDITEERDE TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2019