Senwes Integrated Reports Senwes 2018/2019 Tussentydse Resultate | Page 11

AANTEKENINGE 11 AANTEKENINGE 1. VERWANTE PARTY TRANSAKSIES 1.1 Senwesbel Bpk. (“Senwesbel”) Dividende van R25,7 miljoen is aan Senwesbel betaal. 1.2 Handelsdebiteure - Direkteure Op 31 Oktober 2018 het die direkteure die groep R106,2 miljoen (Ok­ tober 2017: R45,1m) op bogenoemde rekenings geskuld, waarvan R0,2 miljoen agterstallig was (Oktober 2017: Rnul). Op datum van publikasie van hierdie state was niks van hierdie skuld agterstallig nie. Sekuriteit is volgens normale praktyke dienooreenkomstig gevestig. Die handelsdebiteure bestaan uit produksiekredietrekeninge sowel as ander rekeninge waarvoor klante van die maatskappy kwalifiseer. Die toestaan van krediet, terugbetalingsvoorwaardes en rentekoerse op die lenings is ooreenkomstig die maatskappybeleid wat geld vir al die klante van die maatskappy. 2. VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEDE Die Mededingingskommissie het ‘n aansoek op Senwes en Trade­ vantage beteken op 24 Augustus 2017 om beweerde oortredings van die skikkingsooreenkoms tussen die Mededingingskommisie en Senwes, wat deur die Tribunaal as ‘n hofbevel bekragtig is, na die Tribunaal te verwys met die versoek dat ‘n administratiewe boete gehef word. Senwes ontken enige oortredings en staan die versoek teen. Nieteenstaande verskeie pogings om die saak af te handel, sal die saak voortgaan en is die verhoor geskeduleer vir Maart 2019 met finale argumente in Mei 2019. 3. NUWE BESIGHEID EN GROEPSTRUKTUUR 3.1 Besigheidskombinasie: Staalmeester (Edms) Bpk Gedurende die periode het Senwes Equipment ‘n 75% belang in Staalmeester (Edms) Bpk (“Staalmeester”) verkry. Staalmeester dryf handel as ‘n agri-implementvervaardiger, invoerder en handelaar. Die effektiewe datum van die verkryging was 1 Oktober 2018. Senwes hou die belang deur een van sy volfiliale. SENWES STAALMEESTER GROEP (EDMS) BPK Billike waarde van bates verkry en laste opgeneem: Billike waarde van netto bates Beheer verkry Waarde van eiendom, aanleg en toerusting verkry Teenprestasie betaal Klandisiewaarde R’m R’m 21 21 B…………. 75% 100% D…………. 25 35 9 14 A…………. C = (AxB)... E = (D-C)... 16 21 Die netto bates erken in die 31 Oktober 2018 tussentydse finansiële state is gebaseer op voorlopige assesserings terwyl die groep ver­ dere ondersoek doen om te bepaal of daar aparte identifiseerbare ontasbare bates en/of laste bestaan. senwes tussentydse resultate 31 oktober 2018