BESIGHEIDSOORSIG
Certisure, die gesamentlike versekeringsbesigheid met NWK, het op
dieselfde vlak as die vorige jaar presteer.
Dié segment reflekteer ‘n wins voor belasting van R67 miljoen, wat
R2 miljoen (2,9%) laer is as die ooreenstemmende tydperk van die
vorige jaar.
Vooruitsigte
Die tweede semester word gewoonlik gekenmerk deur ‘n sterk af
name in graanvoorrade soos afnemers van graan en oliesade hul pro
dukte onttrek. Indien die huidige lae verbruikstendense voortduur,
behoort die hele mark met ‘n buitengewone hoë eindvoorraadvlak
ten opsigte van sagtekommoditeite teen April 2018 te sit. ‘n Nor
male nuwe seisoen sal voorwaar uitdagings bring met betrekking tot
opbergingskapasiteit. ‘n Aantal produsente hou hul graanvoorraad
terug in afwagting op beter pryse en ‘n moeilike tweede semester
vir landboutoerustingverkope word voorspel en voorraadvlakke sal
omsigtig bestuur word.
Dividendverklaring
‘n Tussentydse dividend van 27 sent (2016: 20 sent) is verklaar. Die
laaste dag vir verhandeling sowel as die rekorddatum is 15 Desem
ber 2017. Dividende sal betaal word op 18 Desember 2017, netto
van dividendterughoubelasting van 20%, waar van toepassing. Vir
Senwes aandeelverhandeling, besoek www.zarx.co.za.
Met volmag van die direksie.
JDM Minnaar
F Strydom
CF Kruger
Voorsitter
Groep Hoof
Groep Hoof
Uitvoerende Beampte Finansiële Beampte
Klerksdorp
6 Desember 2017
senwes tussentydse resultate 31 oktober 2017
7