Senwes Integrated Reports Senwes 2017/2018 Tussentydse Resultate | Page 6

6 BESIGHEIDSOORSIG na toekomstige maande te rol sonder die risiko van tekorte ten opsigte van drakoste en basispremies. Dié segment reflekteer ‘n wins voor belasting van R152 miljoen, wat R95 miljoen (166,7%) hoër is as die ooreenstemmende periode van die vorige jaar. Insetverskaffing Die landboutoerustingbesigheidseenheid, Senwes Equipment, is on­ der druk en ten spyte van ‘n verhoogde omset, het die bruto wins met 15,1% gedaal. Lae kommoditeitspryse, groter fokus van die produsent om sy skuldvlakke te normaliseer en lae sakevertroue in die volgende seisoen het veroorsaak dat produsente nie by hul normale kapitaal- goederevervangingsprogram bly nie en het hul besluit hierom­trent uitgestel. Senwes Equipment het met sy John Deere-agentskap sy markaandeel in hierdie onderdrukte mark behou en het hierdie voet­ spoor verder uitgebrei in die Oos-Kaap. Ten spyte hiervan is inkomste uit die verkoop van nuwe heelgoedere onder ernstige druk. Ander afdelings, soos die Onderdele- en Diensafdeling, presteer goed. Die kleinhandel en landbou-inset gesamentlike onderneming met Afgri, Hinterland, is ook gedaag met verlaagde verbruikerspande­ring, op veral plattelandse gebiede, sowel as onsekerhede wat die nuwe seisoen meebring. Die gevolg van bogenoemde is ‘n stadige opname van nuwe krediet in vergelyking met die vorige jaar. Die bestuur van stadigbewegende en verouderde voorraad bly ‘n fokusarea vir bestuur. Dié segment reflekteer ‘n wins voor belasting van R17 miljoen, wat 45,2% laer is as die ooreenstemmende periode van die vorige jaar. Finansiële dienste Die rekordoes en lae mieliepryse het ‘n impak op die resultate van die kredietafdeling gehad, aangesien die meeste kliënte nie voldoende teen prysfluktuasies verskans was nie. Senwes Credit het, weens goeie verhoudings met sy kliënte, daarin geslaag om agterstalligheid te beperk tot 8% van die boek, vergele­ke met 11% soos op 31 Oktober 2016. Die groei van die boek sal na verwagting beperk word weens die druk op kliënte, wat vererger word deur strenger uitleenkriteria deur finansiers en ‘n gebrek aan likiditeit ten opsigte van die aankoop van landbougrond. Streng bestuur word ten opsigte van die kredietboek toegepas en die boek is goed versekureer deur prima sekuriteit. senwes tussentydse resultate 31 oktober 2017