BESIGHEIDSOORSIG
BESIGHEIDSOORSIG
Oorsig
Die eerste ses maande van die 2018 finansiële jaar is gekenmerk
deur ‘n rekord oesinname. Mieliepryse het op die verhoogde volumes
gereageer en naby aan uitvoerpariteitsvlakke verhandel. Omset het
met 15,4% afgeneem weens verlaagde kommoditeitspryse.
‘n Wins na belasting van R144,9 miljoen word gereflekteer, wat
60,7% hoër is as die vorige jaar. Genormaliseerde wesensverdienste
het tot 97,8 sent per aandeel verhoog, wat 81,5% hoër is as die
ooreenstemmende periode se 53,9 sent per aandeel.
Bedryfskapitaal is op ‘n hoër vlak as die vorige jaar, hoofsaaklik weens
die hoë graanvolumes. Die eiekapitaalverhouding was deurlopend
onder druk en daar is op balansstaat- en kontantvloeibestuur gefokus.
Dié verhouding van 36%, is laer as die vorige jaar, maar steeds binne
die kapitaalhandhawingsriglyne van 35% tot 45%.
Positiewe kontantvloei van R303 miljoen is uit bedryfsaktiwiteite
gegenereer, na die betaling van ‘n finale dividend van R43,5 miljoen
vir die 2017 finansiële jaar, sowel as rente betaal van R111,4 miljoen.
Rentedekking van 3,0 keer is hoër as die vorige jaar se 2,5 en is
gemaklik binne die finansieringskaveate.
Bedryfsoorsig
Marktoegang
Senwes Grainlink, die opberging- en hanteringsbesigheid, het die
grootste graaninname sedert die vorige rekord in 1981 beleef.
Senwes Grainlink het die rekord ten opsigte van tonne ingeneem op
‘n daaglikse basis, gebreek. Graan ontvang het met 220% vanaf die
vorige seisoen verhoog, ondanks die negatiewe impak van baie lae
oordragvoorrade vanaf die vorige seisoen. Grainlink Silobedryf en
Verkryging het sy markaandeel gehandhaaf en selfs daarin geslaag
om markaandeel in sekere gebiede te verhoog weens innoverende
produkte en dienste en kapitaalbeleggingsprogramme wat bedryfs
effektiwiteit en waardetoevoeging vir die klant ten doel gehad het.
Tradevantage, die kommoditeitsverhandelingsbesigheid, het ‘n nor
male eerste ses maande beleef. Die rekord mielie-oes het ‘n ver
laging in mieliepryse tot feitlik op uitvoerpariteitsvlak tot gevolg
gehad. Die mark het ook voldoende geleentheid gebied om graan
senwes tussentydse resultate 31 oktober 2017
5