Senwes Integrated Reports Senwes 2017/2018 Tussentydse Resultate | Seite 11

AANTEKENINGE 11 AANTEKENINGE 1. Verwante party-transaksies 1.1 Senwesbel Bpk. (“Senwesbel”) Dividende van R23,9 miljoen is aan Senwesbel betaal. 1.2 Handelsdebiteure - Direkteure Die handelsdebiteure bestaan uit produksiekrediet- rekeninge sowel as ander rekeninge waarvoor kliënte van die maatskappy kwalifiseer. Die toestaan van krediet, terugbetalingsvoorwaardes en rentekoerse op die lenings is ooreenkomstig die maatskappybeleid wat geld vir al die kliënte van die maatskappy. Op 31 Oktober 2017 het die direkteure die groep R45,1 miljoen op bogenoemde rekeninge geskuld, waarvan R Nul agterstallig was. Sekuriteit is volgens normale prak- tyke dienooreenkomstig gevestig. 2. Voorwaardelike aanspreeklikheid Die Mededingingskommissie het ‘n aansoek op Senwes en Tradevantage beteken op 24 Augustus 2017 om beweerde oor­ tredings van die skikkingsooreenkoms tussen die Mededingings­ kommissie en Senwes, wat deur die Tribunaal as ‘n hofbevel bekragtig is, na die Tribunaal te verwys met die versoek dat ‘n administratiewe boete van 10% van Senwes se omset gehef word. Senwes ontken enige oortredings en staan die versoek teen. Die saak sal voortgaan en die verhoor sal waarskynlik eers gedurende Junie 2018 ‘n aanvang neem. 3. Aandeleterugkoopskema ‘n Aandeleterugkoopskema, ter waarde van R45 miljoen, het ‘n aanvang geneem op 30 Junie 2017, teen ‘n gemiddelde prys van R12,30 per aandeel. Teen 31 Oktober 2017 was daar reeds 2,039,877 aandele teruggekoop vir ‘n totale bedrag van R24,4 miljoen teen ‘n gemiddelde prys van R11,96 per aandeel. Vir meer inligting rakende die skema, besoek www.senwes.co.za. senwes tussentydse resultate 31 oktober 2017