Senwes Integrated Reports Senwes 2017/2018 Geintegreerde Verslag | Page 9

OORSIG KWARTAAL 3 KWARTAAL 4       klante deur produsenteklinieke. 2 478 produ­ sente is met dié program bereik. ’n Interim dividend van 27s/aandeel word ver­ klaar en betaal. Die aandeelterugkoopprogram loop ten einde op 29 Januarie 2018. ’n 100% sukseskoers word behaal ten opsigte van prys sowel as verwagte volu­mes. Univision Broker Services verkry ’n mandaat om voortaan self Santam korttermynverseke­ ringseise te hanteer en af te handel. Die houermaatskappy van die versekerings­ afdeling, SENWK, wat ’n gesamentlike onder- neming met NWK is, verkry ’n onderskrywings­ agentskap om oes- en verwante risiko’s te onderskryf. Senwes kry ’n toekenning vir die beste risiko- bestuur in die Landbou-, Bosbou- en Visserye- sektor. ’n Brand vernietig die Hartswater tak terwyl Petrusburg en Bloemfontein silo ook brand­ skade opgedoen het. Noodplanne is in plek gestel en die Hartswater tak se bedrywighede is tydelik na die siloterrein verskuif.  Hinterland gradeer sy Delmas, Middelburg en Newcastle takke op ten einde dienslewering, produkaanbod en die inkopie-erva­ring te verhoog.  57 kleinhandelsbesighede voorheen onder die handelsmerke Senwes Village en Afgri Town & Country, word herdoop na Hinterland.  Die menslike hulpbronneafdeling skop sy nuwe geïntegreede bestuurstelsel af, ten einde groter effektiwiteit en beheer te verseker.  Certisure, die versekeringsmakelary, verkry ’n 30% aandeel in IP Makelaars en vergroot sodoende sy teenwoordigheid in Ventersdorp en Potchefstroom.  Grasland verhoog produksie van sy Buhrmansdrif myn met 129% deur ’n kwantum opgradering van sy aanleg.  Die Senwes lojaliteitskema se produkreekse word uitgebrei met ’n ooreenkoms met Bidvest McCarthy, waarvolgens voertuie teen goeie diskonto’s vir Senwes vloot, sy personeel en sy kliënte beskikbaar gestel word. Verder word R50/ton toege­ken aan klante vir graanlewerings, R5/ton vir graanverkrygings, sowel as ’n 0,75% teruggawe op rentedraende transaksies met Senwes Credit.  Senwes vergroot sy handelsmerkblootstelling deur die Senwes Spinners krie­ ket­toernooi en die Nasie in Gesprek televisiereeks.  Grainlink gradeer sy Makokskraal silo op ten einde dienslewering te verhoog.  Senwes Credit loods sy gestruktureerde finansieringseenheid wat voortaan sal fokus op doelgemaakte, gespesialiseerde finansieringsprodukte vir die hoë- waarde kliëntsegment.  Die groep finaliseer die samevoeging en herstruktering van die Eiendom­ instandhoudingsafdeling en die kapitaalprojekkantoor en sal voortaan hierdie dienste grootliks self lewer.  Senwes het ’n projek goedgekeur om data- en stemkommunikasie te konsoli­ deer, waarmee die gemiddelde netwerk 50 keer vergroot word. Gevorderde tegnologie gaan in die volgende 12 maande geïmplementeer word, wat verdere integrasiegeleenthede skep met ander toepassings in ge­bruik. OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER  Prodist ondergaan ’n herstrukturering om beter te belyn met ekonomiese realiteite.  Nasie in Gesprek ontvang die Skrywerstoeke­n­ ning vir S.A. vir die program se bydrae tot land- bou.  Tradevantage, die graanverhandelingshuis, ver­ beter sy B-BSEB-status na ’n vlak 4 gedurende die kwartaal.  Tradevantage is ook dan suksesvol om die Meadows kontrak te hernu tot 2020.  Senwes Credit herstruktureer sy bestuurstruk- tuur om hom in staat te stel om sy nuwe strate­ gie te implementeer.  Senwes Equipment brei sy JCB-agentskap uit na die Noord-Kaap.  Grasland se kalkaanleg te Britten myn is op- gegradeer ten einde produktiwiteit met 15% te verhoog.  OTKV, die mynmaatskappy in die kalkgroep Grasland, sluit ’n B-BSEB-transaksie in terme waarvan 26% verkoop word aan onder andere die myn­personeel, swart entrepreneurs sowel as die B-BSEB-maatskappye binne die twee aandeelhouers.  Hinterland, die kleinhandelsbesigheid, open ’n nuwe OK Foods in Bultfontein en brei dit uit met die OK-lojaliteitskema.  Grainovation, die gesamentlike logistieke ver- voermaatskappy met Imperial, brei sy vloot uit met 41%.  Senwes Equipment vergroot sy sigbaarheid na 7