78
KORPORATIEWE BEHEER
Die rol en funksie van die voorsitter
Die voorsitter is ’n nie-uitvoerende direkteur wat deur die di-
reksie aangestel word op ’n jaarlikse basis. Die ampte van die
voorsitter en hoof uitvoerende beampte is van mekaar geskei
met afsonderlike pligte.
Alhoewel die voorsitter nie onafhanklik is soos gedefinieer in
King IV TM nie, is die direksie van mening dat, gegewe die aan-
deelhouerstruktuur en die voorsitter se uitgebreide ondervin
ding in die kommersiële landbousektor, dit toepaslik vir hom is
om as voorsitter van die direksie op te tree.
Die voorsitter word ondersteun deur ’n onafhanklike onder-
voorsitter en leidende onafhanklike direkteur, wat ook die voor-
sitter van die Oudit- en Beleggingskomitee is.
Die rol en funksie van die groep hoof uitvoerende
beampte en die Uitvoerende Komitee
Die groep hoof uitvoerende beampte hanteer die maatskappy se
dag-tot-dag korporatiewe en bestuursfunksies en word onder
steun deur ’n bestuurspan.
GROEP UITVOERENDE BESTUURSPAN
Verklaring en hantering van persoonlike belange
Die persoonlike belange van direkteure word deurlopend ge-
monitor en gerapporteer ooreenkomstig die toepaslike be-
heerpraktyke. Die formele verklaring van belange is ’n staande
item op die raadsagenda, sowel as die agendas van die di-
reksies van gesamentlike ondernemings. Direksielede en se-
nior bestuur word versoek om persoonlike belange en ander
direkteurskappe te verklaar, soos hieronder aangedui.
Direkteure het onbeperkte toegang tot die maatskappysekre
taris, wat leiding en advies in toepaslike omstandighede ver-
skaf. Hulle mag ook onafhanklike advies bekom ooreenkomstig
die protokol vir die verkryging van onafhanklike, eksterne ad-
vies rakende die besigheid van die groep, vir die rekening van
die maatskappy.
Aandeelverhandeling deur direkteure en bestuur vind plaas
ooreenkomstig ’n formele Gedragskode vir die Verhandeling
van Aandele in die groep. Gedurende die jaar onder oorsig
het aandeelverhandeling tydens die volgende oop periodes
plaasgevind, terwyl verhandeling tydens geslote periodes of
wanneer 'n omsigtigheidsverklaring uitgereik is, verbied word:
Datum 2017/18 Verhandelingstatus Rede
28 April 2017 Gesluit Voorbereiding van finansiële jaarstate
30 Junie 2017 Oop Publikasie van finansiële jaarstate en dividendaankondiging
26 Julie 2017 Gesluit Oorweging van 'n potensiële transaksie
30 Oktober 2017 Gesluit Voorbereiding van tussentydse finansiële state
7 Desember 2017 Oop Aankondiging van tussentydse finansiële state en tussentydse dividend
30 April 2018 Gesluit Voorbereiding van finansiële jaarstate
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER