Senwes Integrated Reports Senwes 2017/2018 Geintegreerde Verslag | Page 8

6 OORSIG 365 - OORSIG KWARTAAL 1 KWARTAAL 2  Senwes het die vyfde seisoen van Nasie in Gesprek, die dokumentêre landboutelevisiereeks, by die 2017 Nampo Oesdag bekendgestel en is nou saam met die ander borge gevestig as fasiliteerder vir gesprekvoering binne die land- bousektor.  Senwes Credit, die finansieringsdepartement, het sy prysing- strukture heroorweeg en sy kredietmarge dienooreenkomstig hersien om homself so­doen­de beter te belyn met huidige risiko’s.  Tegniese opgradering, sowel as ’n prosesverbetering in die silobesigheid, het verhoogde effektiwiteit en diens­lewering meegebring.  Absa Bank het die Golden Partner Award aan Senwes Equip­­ ment, die verskaffer van meganisasietoerusting, heelgoedere en parte, en JD Implemente, die landboumeganisasie­ vennoot, toegeken vir uitnemende finansieringspre­stasie.  Senwes het sy aandeel op ZAR X genoteer en verhandeling vind sonder probleme plaas.  Die marktoegangsdepartement het met groot sukses nuwe verkrygingsprodukte aan die mark bekendgestel. Die kon- trakte het in die eerste jaar van verhandeling die markgemid- deld met 24,3% uitpresteer. Die opname was bo verwagting terwyl die aptyt vir die nuwe seisoen reeds op maksimum vlakke is.  Die lojaliteitskema, AgriRewards, het gedurende die kwar­taal die 2017 toekenning van R54/ton afgehandel en die 2018 skema is uitgebrei na ander afdelings binne die Senwes groep.  Die aandeleterugkoopprogram is voortgesit in die finansiële jaar ten einde groter likiditeit en ontsluitingspotensiaal mee te bring.  Prodist, die groothandel verspreider, fokus sy produkreeks op 15 213 lyne, wat 75% van die totale kleinhandelbe- hoeftes van sy klante bedien.  Senwes Grainlink, die silobesigheid, het in die kwartaal die inname van die grootste someroes in Suid-Afrika se ge­ skiedenis afgesluit. Dit het die 37-jaar oue rekord vir mielies van 1981 met 13,9% verbeter. Die mielieopbrengs per hek- taar was gemiddeld 6,39t/ha, 89,1% beter as 1981. Die hektare waarop die oes geproduseer is, was 60,6% minder as in 1981.  Addisionele kapasiteit van 97 000 ton moes by sewe be­ dryfspunte gevestig word en Senwes besit nou 4,7 miljoen ton (vs. 4,6 miljoen ton van die vorige jaar) of 25% van die land se totale silo-infrastruktuur.  Meer as die helfte van die someroes is teen hoër as die vereiste vogpersentasie ontvang, wat die sukses van die silo-opgraderingsprojek bewys het.  Senwes Credit het sy produkreeks na die produsente uit- gebrei en met die verbeterde kommoditeitsfinasieringspro- duk ontvang produsente nou oorbruggingsfinansiering oor ’n langer termyn, wat groter likiditeit meebring.  Die graanverkrygingsafdeling het sy fokus verhoog en 11% van alle kommoditeite in nuwe markte is tot die totale opber­gingsvolume gevoeg.  Senwes Park, die krieketstadion in Potchefstroom, het sy eerste internasionale toets aangebied met die Proteas as deelnemers. Dit het blootstelling aan die maatskappy se handelsmerk op internasionele media verhoog.  ’n Groot herinvestering in IT-argitektuur word sukses- vol afgehandel gedurende die kwartaal. Die totale data- opbergingska­pasiteit is met 500% verhoog, terwyl die OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER        verwerkingskapa­siteit met 28% verbeter is. Dit het byge- dra tot ’n 40% verbeterde effektiwiteit van die algehele datasentrumfunksionering. Op die rug van die implementering van ’n gesentraliseerde ondersteuningsentrum vir landboutoerusting, brei Senwes Equipment die projek uit na ’n volledige moniteringspro- gram waar Senwes produsente nou hul masjinerie en land- boutoerusting intyds virtueel kan monitor. Senwes Equipment open ’n landboumeganisasietak in Oos-Londen as deel van sy ontplooiingsprogram in die Oos-Kaap. ’n Suksesvolle veiling van tweedehandse landboutoerus­ ting is gedurende die kwartaal afgehandel in Kroonstad en 36,1% van die totale voorsiening ten opsigte van tweede­ handse toerusting kon in die proses verhaal word. Die hoogste verkope in nuwe onderdele word behaal in Okto- ber 2017. Grasland, die kalkverskaffingsmaatskappy, loods nuwe kalk­mengsels gedurende die kwartaal wat beter aan die klant se behoeftes voldoen en aanwending dus meer ef- fektief maak. Nuwe finansieringsreëlings word ook aan die markplek bekendgestel vir die seisoen. Die raad van direkteure van die Senwes groep ondergaan King IV TM opleiding terwyl Senwes in die Handboek van Effektebeurse opgeneem word vir die eerste keer. Senwes bewys sy belegging in die gemeenskap deur ’n Kerspartytjie vir behoeftiges. Dit was vir ’n groot aantal vol- wassenes en kinders die hoogtepunt van die jaar. ’n Finale dividend van 25 sent per aandeel word betaal na goedkeuring daarvan op die algemene jaarvergadering op 24 Augustus 2017.