OORSIG
3
MEER OOR DIÉ VERSLAG
TEIKENGEHOOR GERUSSTELLING
ie Senwes Geïntegreerde Verslag word op ’n jaarlikse
basis saamgestel en gepubliseer. Dit het primêr ten doel
om huidige en potensiële beleggers te voorsien van ’n
deeglike oorsig oor die groep se besigheidsmodel, strategieë,
geleenthede, risikomitigerende aksies, korporatiewe beheer en
finansiële prestasie. Ernst & Young Ing. het ’n onafhanklike oudit van die groep se
finansiële state uitgevoer. Die res van die verslag, bestaande uit
nie-finansiële inligting, is nie aan ’n onafhanklike oudit of oorsig
onderwerp nie en is saamgestel op die basis van interne re-
kords en publieke inligting onder die toesig van CF Kruger, GR
(SA), Groep Hoof Finansiële Beampte.
Die verslag verskaf ook kwalitatiewe en akkurate inligting aan
enige ander belanghebbende ten einde ’n ingeligte oordeel te
kan fel of die maatskappy kan aflewer op sy handelsmerkbe-
lofte. Dit sluit verder ook nie-finansiële inligting in wat relevant
is tot belanghebbendes en wat ’n beduidende impak het op
die groep se vermoë om waarde te skep en/of diegene wie se
aktiwiteite ’n impak op die groep het. VOORUITSKOUINGSVERKLARINGS
D
OMVANG
WESENLIKHEIDSBEPALING
Die groep definieer wesenlikheid as die aksies of aspekte van
wesenlike belang wat die groep se vermoë om waarde oor die
kort, medium en lang termyn te skep, affekteer.
.................................. ...................................
Danie Minnaar
Voorsitter
26 Junie 2018
Klerksdorp
Francois Strydom
Groep Hoof Uitvoerende
Beampte
toekoms sal realiseer nie.
Die groep onderneem nie om enige verklaring aan te pas of op
te dateer weens nuwe inligting, toekomstige gebeure of enige
ander rede nie. Die vooruitskouingsverklaring is nie aan ’n on-
afhanklike oudit of oorsig deur die groep se eksterne ouditeure
onderwerp nie.
DIREKSIEGOEDKEURING
Die Senwes direksie erken sy verantwoordelikheid met be-
trekking tot die integriteit van die inligting wat in hierdie geïn-
tegreerde verslag aangebied word vir die 2017/18 finansiële
jaar. Volgens die direksie en uitvoerende komitee, gee die in-
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
Die verslag fokus hoofsaaklik op die aktiwiteite en bedry-
wighede van Senwes Bpk vir die periode 1 Mei 2017 tot 30
April 2018, aangesien Senwes 86% van die groep se omset
genereer, maar dek ook die aktiwiteite van die maatskappy se
filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde vir boge-
melde tydperk.
Hierdie verslag bevat vooruitskouingsverklarings wat verband
hou met die toekomstige finansiële posisie en resultate van
Senwes. Die vooruitskouingsverklarings verteenwoordig die
groep se oordeel en verwagtinge, maar weens die aard daar-
van, behels dit risiko en onsekerhede aangesien dit verwys na
gebeure en omstandighede wat moontlik of moontlik nie in die
ligting wat in hierdie geïntegreerde verslag vervat is, ’n billike
en gebalanseerde beeld van die maatskappy se prestasie en
sake wat geag word as wesenlik in Senwes se waardeskep-
pingsproses.