DIE BESIGHEID
31
SOSIALE EN VERHOUDINGSKAPITAAL
O
ns is verbind tot die transformasie- en ontwikkelingsdoelwitte van die land en
belyn ons inisiatiewe met die ontwikkelingsprioriteite van die regering. Ons is
’n verantwoordelike en aanspreeklike korporatiewe burger wat verbind is tot
die bestuur van ’n volhoubare besigheid, met inagneming van ons belanghebbendes,
die omgewing en die gemeenskap.
SLEUTELINSETTE
Belegging in gemeenskapsopheffingsprojekte:
• Transformasie-inisiatiewe;
• Thobo Trust-projekte;
• Plaasskool krieketontwikkeling;
• Jaarlikse Kerspartytjie-projek;
• Watertekort-projek;
• Nelson Mandeladag-projek;
• Droogtehulp;
• Landboukonferensieborgskappe;
• Eksterne beursskemas;
• Leerlingskappe;
• Program vir opkomende boere;
• Smart Agri-Risikobestuursplatform.
UITKOMSTE
2018 2017
Aktiewe klante Aantal 4 830 4 952
Aktiewe verskaffers Aantal 1 121 1 089
Spandering ten opsigte van owerhede R’m 178 153
Betaal aan verskaffers van goedere en dienste R’mjd 8,4 9,1
Totale KSB-spandering R’m 0,7 0,9
Produsentverwante borgskap R’m 0,4* 0,8
B-BSEB status Vlak 5 5
*Borgskap by wyse van produk of welwillendheid nie ingesluit nie.
Oos-Transvaal Kalkverskaffers (Edms) Bpk het die ablusiefasiliteite van die
Monthusi Primêre Skool by Christiana, naby sy Britten bedrywighede, herstel
en verbeter teen ’n koste van R120 000 as deel van die sosiale en arbeids
plan;
Die aandeelhouding in Oos-Transvaal Kalkverskaffers (Edms) Bpk is ge-
herstruktureer om die maatskappy in staat te stel om sy B-BSEB-aandeel-
houding te belyn met die 2010 Mynhandves. Die maatskappy het nou weer
’n 26% B-BSEB-aandeelhouding, na die uittrede van die vorige B-BSEB
vennoot;
Positiewe verhoudings met vakbonde. Tradevantage Grain (Edms) Bpk verkry ’n vlak-4 status op sy B-BSEB telkaart;
Eksklusiewe klante- en verskaffersverhoudings;
Senwes Grainlink en Grainovation borg die veevoerskenkings en die vervoer
daarvan na die produsente in die Noord- en Oos-Kaap.
Senwes Grainlink het mielies aan die droogtegeteisterde Wes-Kaap geskenk,
sowel as gratis opberging en hantering via 'n droogtehulpinisiatief van Graan
SA;
Senwes het befondsing gedoen van die Smart Agri-Risikobestuursplatform,
wat deur Agri-SA geadministreer word.
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
Monitor deurlopend wetgewende nakoming; Senwes Equipment het ’n projek geloods saam met Hoërskool Kroonstad om
proewe te plant by hul perseel en John Deere en presisietoerusting is beskik-
baar gestel vir die projek. Die proewe is in Maart 2018 beoordeel en verskeie
prominente verskaffers en produsente het die opedae bygewoon;