KORPORATIEWE
BEHEER
Die direksie
Die raad van direkteure
Die strewe na die bestuur van die groep ooreenkomstig goeie
korporatiewe beheerbeginsels, is steeds van toepassing en die
direksie bestaan uit 13 lede, soos hieronder aangedui:
Die samestelling en prestasie van die direksie, individuele di
rekteure en komitees word deeglik deur die Nominasiekomitee
gemonitor. Aandeelhouers word voorsien van inligting met
betrekking tot direkteure ten einde hulle in staat te stel om
ingeligte besluite te neem oor die verkiesing van sodanige di
rekteure. Die heraanstelling van nie-uitvoerende direkteure is
nie ’n outomatiese proses nie en die direksie onderneem ’n
keuringsproses via die Nominasiekomitee om te verseker dat
die voorgestelde kandidate geskik is om as direkteure te dien.
3
Nie-uitvoerende direkteure
Senwesbel Bpk
Grindrod
6
1 (1 alternatiewe
direkteur)
Die feit dat drie onafhanklike nie-uitvoerende direkteure op
die direksie aangestel is, tesame met die balans van ’n ervare
uitvoerende span, verseker dat geen enkele individu onbehoor
like invloed op die besluitnemingsprosesse van die direksie kan
uitoefen nie.
Me Zarina Bassa het gedurende die jaar onder oorsig by die
algemene jaarvergadering in Augustus 2016 uitgetree en mnr
Simon Mohapi is in haar plek aangestel.
Mnr Joe Maswanganyi het ook sy bedanking as uitvoerende
direkteur van die maatskappy in Februarie 2017 aangekondig,
effektief vanaf 30 Junie 2017, ten einde ’n konsultasieberoep
te volg.
Die direksiekomitees lewer ’n beduidende bydrae tot die effek
tiwiteit van die direksie deur te verseker dat behoorlike oorsig
en verslagdoening plaasvind. Die voorsitters van die direksie
komitees doen volledig verslag aan die direksie ten einde te
verseker dat die funksies van die komitees uitgevoer word
ooreenkomstig die geskrewe mandate.
Geskrewe mandate en magte is deur die direksie in die handves
van die direksie in plek gestel, in terme waarvan sekere magte
vir die direksie alleen, as die hoogste besluitnemingsgesag,
gereserveer is, waardeur verseker word dat die direksie al sy
verantwoordelikhede nakom.
Gedurende die jaar onder oorsig en as die toesighouer oor be
heer en die beheerraamwerke, is ’n hersiene handves van die
direksie goedgekeur, wat met King IV belyn.
RAAD
AANDELE
BESLUIT
VERGOEDING
REGULASIES
BELANGHEBBENDES
DIREKTEURE
KORPORASIE
AANDEELHOUERS
FINANSIEEL
OUDITEURE
PERSONEEL
DEURSIGTIGHEID REGULASIE
BELEID
3
Onafhanklike
nie-uitvoerende direkteure
Direksielede
Uitvoerende direkteure
Direkteure word deur aandeelhouers genomineer en verkies
en voorsiening is gemaak vir rotasie in die vorm van ’n ver
spreide rotasieprogram in terme waarvan die ampstermyn van
direkteure nie drie jaar mag oorskry nie. Direkteure word aan
gestel, onderworpe aan herverkiesing deur die aandeelhouers,
ooreenkomstig die bepalings van die Maatskappywet en die
Akte van Oprigting (AVO).
79