78
senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
KORPORATIEWE BEHEERVERSLAG
NAKOMING VAN KING KODE MET BETREKKING TOT
KORPORATIEWE BEHEER (King IV)
D
ie Senwes groep (die groep) en die raad van direk
teure (die direksie) van Senwes en sy verwante partye
bedryf besigheid volgens die hoogste standaarde van
korporatiewe beheer en in die belang van alle belanghebbend
es. Die groep se korporatiewe beste praktyke soos vervat in
die handves, beleide en bedryfsprosedures, en die toepassing
daarvan, word gereeld teen praktiese realiteite en uitvoering
getoets. Gedurende die jaar onder oorsig is King IV geloods en
deur die maatskappy aanvaar. nie aan sekere King IV aanbevelings nie, gegewe die huidige
aandeelhouerstruktuur:
Die groep ondersteun en is verbind tot die beste praktyke met
betrekking tot verhoogde deursigtigheid, integrasie in terme
van rapportering en volhoubare ontwikkeling van die landelike
gemeenskappe waarbinne ons besigheid bedryf. Die volhou
baarheidsverslag, wat apart op die Senwes webtuiste beskik
baar is, verduidelik hierdie aspekte omvattend. Die voorsitter van die direksie is ook die voorsitter van die
Nominasiekomitee;
Die beginsels en praktiese toepassing van die King IV praktyke
en aanbevelings is geverifieer en ’n omvattende gapingsanalise
is gedoen. Die direksie is tevrede dat die groep in wese vol
doen aan die bepalings en aanbevelings van King IV en die
gepaardgaande beheerraamwerke. Die maatskappy voldoen
Die nie-uitvoerende voorsitter van die direksie is nie ’n on
afhanklike direkteur nie, maar word ondersteun deur ’n
verkose en ervare onafhanklike nie-uitvoerende direkteur,
wat ook verkies is as die leidende onafhanklike direkteur;
Die direksie bestaan nie uit ’n meerderheid van onafhank
like direkteure nie;
Die voorsitter van die Vergoedingskomitee is nie onafhank
lik nie, maar is ’n nie-uitvoerende direkteur.
Gegewe bogenoemde, het die direksie die behoefte geïden
tifiseer om nog ’n onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur te
werf en die nodige aksies in die verband word geneem.
Aandeelhouerstruktuur
Soos hierbo aangedui, bepaal die aandeelhouerstruktuur die
direksiesamestelling en is dit soos volg:
AANTAL AANDELE
Senwesbel Bpk
95 654 583
Grindrod Trading
Senwes Capital
Holdings (Edms) Bpk
(Edms) Bpk
(“Grindrod”)
(“Tesourie-aandele”)
37 395 213
5 702 809
Senwes Share
Incentive Scheme
Trust Produsente Publiek
6 201 937 22 861 632 12 973 134
180 789 308
Die twee hoofaandeelhouers, Senwesbel en Grindrod, het ’n
langtermyn strategiese siening met betrekking tot die groep
en ’n meerderheidsverteenwoordiging op die direksie.
Die Senwes groep bestaan uit die afdelings, maatskappye en
vennootskappe, insluitend filiale, gesamentlike ondernemings
en geassosieerdes, soos aangedui op bl. 76 van die verslag.