6
senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
365-OORSIG
KWARTAAL 1
KWARTAAL 2
Suksesvolle installering van ‘n sonkragstelsel by Senwes se hoofkan
toor, wat reeds tot ‘n afname in gebruik van 1 338 897 kWh en
kragbesparing van R2 miljoen vir die jaar bygedra het.
Ontwikkeling en uitrol van Senwes se lojaliteitskema (AgriRewards) en
gepaardgaande webblad (www.agrirewards.co.za) vir registrasie vir
deelname aan AgriRewards. R52 miljoen is vanjaar aan geregistreerde
AgriRewards deelnemers toegeken in terme van die lojaliteitskema.
Nasie in Gesprek speel gasheer vir 770 ateljeegaste tydens 11 paneel
besprekings gedurende Nampo 2016. Paneelbesprekings kon reg
streeks via die nuut ontwikkelde Nasie in Gesprek-toepassing gevolg
word en kykers kon aktief aan besprekings deelneem.
Tradevantage het vanaf 1 Mei 2016 alle plaaslike geelmielies aan
Meadows verskaf - die grootste geelmieliekontrak in die land.
‘n Navorsings- en impakstudie-eenheid is op die been gebring.
Senwes Equipment en JDI sluit ‘n agentskapsooreenkoms met JCB.
JDI sluit ‘n kontrak om Agrico se meganisasieafdeling in die Wes-
Kaap, asook ‘n gedeelte van die Oos-Kaap, oor te neem.
Senwes Equipment sluit ‘n kontrak met Agrico om sy meganisasie-
afdeling in die Oos- en Noord-Kaap oor te neem.
Prodist is deur Afrox aangewys as die Verspreider van die Jaar.
Implementering van Prodist se pakhuisuitkontrakteringskontrak aan
InSync, met ‘n verwagte verhoging in effektiwiteit van 40%.
Die Graintech projek om graan met ‘n hoër voginhoud in te neem,
het tot ‘n verhoogde markaandeel in graanontvangste bygedra –
40% van die oes is met ‘n hoër voginhoud ontvang.
‘n Versnelde graanhanteringsprojek, wat die innametempo met
87% verbeter het, is vanjaar by ses silo’s geïmplementeer en sal vir
die komende jaar tot verhoogde diensleweringsvlakke aan die pro
dusent bydra.
Deelname aan verskeie droogtehulpaksies deur die Senwes groep,
wat insluit ‘n kontantdonasie van R1 miljoen en Hinterland se sub
sidie van R7 miljoen. Grainovation was ook betrokke by die vervoer
van die skenkings.
Die vestiging van ‘n besigheidsontwikkelingseenheid wat die alle
daagse sakeaktiwiteite van Senwes analiseer met die doel om te
herontwerp en kreatiewe oplossings en sakeplanne te ontwikkel om
sodoende geleenthede te maksimaliseer, te ontsluit en waarde te
skep.
Senwes het sy verskansingsfonds, in samewerking met Absa Bate
bestuur, in die mark geplaas. Hierdie fonds se platform is ontwerp
na vyf jaar se suksesvolle interne prestasie in dié tipe verhandeling.
Sentralisering van die Senwes groep se
buitelandse valutaverhandelings. Grasland het ‘n uitstelbetalingskema geloods en die klant
kon kalk aankoop en eers op ‘n later datum betaal.
Groepvolume-instrument is uitgeneem om
Senwes teen droogte te verskans. In die
geval van ‘n droogte in 2017 sou die
instrument R150 miljoen tot R200
miljoen uitbetaal het. Hinterland onderhandel ‘n langtermyn strategiese oor
eenkoms met ‘n groot verskaffer om die brandstofstra
tegie te ondersteun, wat sal bydra tot ‘n 23% verhoging
in bruto wins.
http://senwes.co/NiCNampo2016
Senwes se intydse weernetwerk en databasis word
geïmplementeer met 107 nuwe weerstasies in Senwes
se bedryfsgebied.