Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 4

2 senwes geintegreerde verslag 2017 Ï MEER OOR HIERDIE VERSLAG Bestek en grense Direksiegoedkeuring Hierdie verslag dek Senwes se aktiwiteite, wat dié insluit van die maatskappy se belangrikste bedryfsafdelings (Senwes Credit, Senwes Grainlink en Senwes Equipment), Senwes se filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde. ’n Ver­ eenvoudigde groepstruktuur kan gesien word op bl. 76 en ’n kort oorsig oor die belangrikste aktiwiteite op bl.14. Hierdie verslag verskaf inligting met betrekking tot Senwes se bedryfs­ aktiwiteite, wesenlike risiko’s en geleenthede, strategie, be­ sigheidsmodel, korporatiewe beheer en finansiële prestasie vir die jaar 1 Mei 2016 tot 30 April 2017. Die Senwes direksie erken sy verantwoordelikheid met betrek­ king tot die integriteit van die inligting wat in hierdie geïnte­ greerde verslag aangebied word vir die 2016/17 finansiële jaar. Volgens die direksie en uitvoerende komitee, gee die inligting wat in hierdie geïntegreerde verslag vervat is, ’n billike en ge­ balanseerde beeld van die maatskappy se prestasie en sake wat geag word as wesenlik in Senwes se waardeskeppingsproses. Dié geïntegreerde verslag (beskikbaar in Afrikaans en Engels), sowel as die afsonderlike Finansiële Jaarstate (slegs in Engels beskikbaar) en afsonderlike Volhoubaarheidsverslag (slegs beskikbaar in Engels) vir bogenoemde rapporteringsperiode, is beskikbaar op Senwes se webtuiste - www.senwes.co.za. Rapporteringsbeginsels en -riglyne Die proses wat deur die groep gevolg word om oor die afge­ lope finansiële jaar te rapporteer, word hoofsaaklik gerig deur die beginsels en riglyne soos uiteengesit in die Internasionale Geïntegreerde Rapporteringsraamwerk, die Internasionale Fi­ nansiële Rapporteringstandaarde (IFRS), die Maatskappywet van Suid-Afrika, Nr 71 van 2008 (soos gewysig), die King IV Beheerbeginsels vir Suid-Afrika (King IV) en die Departement van Handel en Nywerheid se Bedryfskodes vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Die verskillende benaderings om wesenlikheid te bepaal, ge­ volg deur die Internasionale Rapporteringsraamwerk en die G4 Volhoubaarheidsriglyne, het aanleiding gegee tot ’n afsonderlike Volhoubaarheidsverslag vir dié finansiële jaar. Bepaling van wesenlikheid en teikengehoor Die groep bepaal wesenlikheid as dié aspekte van wesen­ like belang wat die maatskappy se vermoë om waarde oor die kort, medium en lang termyn te skep, affekteer. Hier­die verslag het hoofsaaklik ten doel om huidige en potensiële beleggers van kwaliteit en akkurate inligting oor die groep se doelwitte, risiko­mitigerende aksies en strategieë te voorsien. Die verslag is ook relevant vir enige ander belanghebbende wat graag ’n ingeligte evaluering wil doen van die maatskappy se vermoë om waarde te skep en sy handelsmerkbelofte na te kom. Oorkoepelende gerusstelling Ernst & Young Ing. het ‘n onafhanklike oudit van die groep se finansiële jaarstate uitgevoer. Die res van die verslag, bestaan­ de uit nie-finansiële inligting, is nie aan ‘n onafhanklike oudit of oorsig onderwerp nie en is saamgestel op die basis van interne rekords en publieke inligting onder die toesig van CF Kruger, GR (SA), Groep Hoof Finansiële Beampte. Vooruitskouingsverklarings Hierdie verslag bevat vooruitskouingsverklarings wat verband hou met die moontlike toekomstige finansiële posisie en resul­ tate van Senwes. Die vooruitskouingsverklarings behels inhe­ rente risiko’s en onsekerhede aangesien dit verwys na gebeure en omstandighede wat moontlik of moontlik nie in die toe­ koms sal realiseer nie. Die groep aanvaar geen verpligting om enige verklaring aan te pas of op te dateer weens nuwe inligting, toekomstige ge­ beure of enige ander rede nie. Die vooruitskouingsverklaring is nie aan ’n onafhanklike oudit of oorsig deur die groep se eksterne ouditeur onderwerp nie. ............................. Danie Minnaar VOORSITTER Klerksdorp 29 Junie 2017 ................................. Francois Strydom GROEP HOOF UITVOERENDE BEAMPTE