huidige makro-ekonomiese en klimaatstoestande toets die
volhoubaarheid van die klantebasis en hul absorpsievermoë.
Die wins voor belasting van R49 miljoen was op dieselfde
vlakke as die R50 miljoen vir die ooreenstemmende tydperk
van die vorige jaar.
Die versekeringsbesigheid het bestendig presteer en is goed
geposisioneer vir verdere uitbreiding.
Vooruitskouing
Drie van die vorige vier mega El Niño-seisoene oor die
afgelope 50 jaar (1963/64 seisoen, 1982/83 seisoen en
1991/92 seisoen) het tot buitengewone lae oeste aanleiding
gegee. Indien dieselfde tendens weer dié seisoen gevolg sou
word, word ‘n moeilike volgende 18 maande in die vooruitsig
gestel in al die fasette van die besigheid. In só ‘n geval word
heelwat volatiliteit in beide die fisiese, sowel as die afgeleide
mark verwag, wat versigtige optrede sal noodsaak.
Selfs al sou die reënvaltoestande normaliseer, sal die tweede
helfte van die finansiële jaar na verwagting steeds ‘n groot
uitdaging wees en sal besigheidsvolumes waarskynlik nie
genormaliseerde vlakke bereik nie.
INTERIM DIVIDENDVERKLARING
‘n Interim dividend van 25 sent per aandeel (2014: 24 sent
per aandeel) is verklaar vir alle aandeelhouers geregistreer as
sulks op die aandeleregister op 4 Desember 2015 en sal teen
11 Desember 2015 betaal word.
Op las van die Raad van Direkteure.
JDM Minnaar
Voorsitter
F Strydom
Groep Hoof
Uitvoerende Beampte
CF Kruger
Groep Hoof
Finansiële Beampte
Klerksdorp
4 Desember 2015
Senwes TUSSENTYDSE RESULTATE 31 Oktober 2015
7