67% hoër as die vorige seisoen te likwideer. Dit het tot ‘n
groot mate vergoed vir die laer volumes.
Laer volumes het egter ‘n direkte invloed op Senwes se
silobedryf en die verwagting is dat die bedryfsinkomste
direk sal korreleer met die afname in volumes. Hoër
oordragvoorraad uit die vorige seisoen en vroeër lewerings
het egter die verwagte impak tot ‘n mate versag vir die eerste
6 maande van die 2016 finansiële jaar.
Die silobedryf kon verder daarin slaag om, ten spyte van ‘n
kleiner oes en dus groter mededinging, sy markaandeel te
handhaaf. Heelwat kapitaalprojekte is geoormerk om die
produsent se effektiwiteit te verhoog en om produkte en
dienste verder uit te brei. Die besigheid het ‘n bedryfswins
voor belasting van R98 miljoen afgelewer in die eerste
semester teenoor R97 miljoen vir die ooreenstemmende
tydperk van die vorige jaar.
Insetverskaffing en Meganisasie
Die effek van die lae oordragvogvlakke, min en laat
voorseisoenreën en aanduidings van ‘n mega El Niño
veroorsaak onsekerheid oor die aanplantings vir die nuwe
seisoen. Ten spyte hiervan was omsette van hooflyn-
insetprodukte (kunsmis, brandstof en saad) vir die eerste
ses maande van die finansiële jaar 8% hoër as die vorige
finansiële jaar.
Die diversifikasie na die somersaaigebied in die ooste
het ‘n groter verspreiding meegebring en mitigeer
tot ‘n mate die risiko van klimaat en geografie. Die
groothandelverspreidingsbesigheid was ook ‘n slagoffer van
die nasionale droogte en uitdagende ekonomiese toestande.
Senwes se meganisasiebesigheid het sy markaandeel van
33,7% tot 37,8% vir die rollende periode (Oktober 2014
tot Oktober 2015) verhoog, maar moes ‘n mark wat met
31% jaar-op-jaar gekrimp het, trotseer. Klante het hul
kapitaalvervangingsprogramme uitgestel na ‘n meer
genormaliseerde seisoen. Die voorbelaste resultate van die
insetkanaal het R25 miljoen beloop teenoor R42 miljoen vir
die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar.
Finansiële Dienste
Die kredietboek het, gegewe die huidige toestande, uit-
sonderlik presteer en die uitstaande 2015 somerproduksie-
kredietrekenings soos op 31 Oktober 2015 het 7,5% van
die totale boek (Okt 2014: 8,4%) beloop. Die samestelling
van die boek, klanteseleksie sowel as goeie sekuriteit
is oor ‘n aantal jare met nougesetheid gevestig en die
6
Senwes TUSSENTYDSE RESULTATE 31 Oktober 2015