BESIGHEIDSOORSIG
STRATEGIESE OORSIG
Senwes werk aan ‘n rollende 10-jaar strategie na 2025.
Die fokus van hierdie strategie is die uitbreiding van ons
kernbesigheid, die veredeling van waarde, groter deelname
aan die hantering van sagtekommoditeite en die verlaging van
risiko’s in die huidige portefeulje ten einde na nuwe markte uit
te brei. Die fokus is ook op interne innovasie en integrasie van
besigheidsdienste ten einde die spandeervermoë van die klant
sowel as markaandeel te vergroot en daardeur die dienste van
die onderskeie entiteite te verbeter.
FINANSIËLE EN OPERASIONELE OORSIG
‘n Wins na belasting van R103 miljoen is behaal, wat 9,7% laer
is as die R114 miljoen van die ooreenstemmende periode
die vorige jaar. Alhoewel die volumes met 42% afgeneem
het, het groter effektiwiteit en nougesette kostebestuur die
impak van die droogte versag. Heelwat droogtemitigerende
aksies is verder ingestel en gefokusde kontraktering en
margedissipline is aan die dag gelê. Positiewe kontantvloei
van R187 miljoen is gevolglik uit bedrywe gegenereer en R49
miljoen hiervan is gespandeer aan kapitaalprojekte ten einde
die produktiwiteit van infrastruktuur te verhoog.
Die netto batewaarde het sedert jaareinde vanaf R10,55 per
aandeel gestyg na R10,94 per aandeel, nadat dividende van
26 per aandeel gedurende September 2015 betaal is.
Die eiekapitaalverhouding het verbeter vanaf 38% na 44%
sedert 30 April 2015, terwyl die rentedekking weens die
groter landboudebiteureboek verswak het na 2,9 keer (Okt
2014: 4,1 keer).
BESIGHEIDSELEMENTE:
OORSIG EN VOORUITSKOUING
Marktoegang
Die tradisionele Senwes gebied het 98% van die gemiddelde
langtermynreënval die afgelope seisoen ontvang, terwyl die
oes 42% kleiner was as die vorige jaar. ‘n Swak verspreiding
van reën en uitermatige hoë temperature in die kritiese
maande van Januarie en Februarie 2015 het die ontwikkeling
van die oes gekniehalter. Daarteenoor het die produsent
minder van sy beoogde oes verskans in die voorseisoen, wat
hom in staat gestel het om sy oes teen ‘n prys van gemiddeld
Senwes TUSSENTYDSE RESULTATE 31 Oktober 2015
5