Senwes Integrated Reports Senwes 2014/2015 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 4

FINANSIËLE HOOGTEPUNTE 1. FINANSIËLE PRESTASIE 52,5% 1,6% Bedryfswins voor rente en belasting uit voortgesette bedrywe (R’m) Netto wins na belasting (R’m) 2015 540 247 2014 Opmerkings/Opinies 354 251 Goeie bedryfsresultate is negatief beïnvloed deur die kommoditeit invoer- en uitvoerbesigheid. Senwes het intussen besluit om uit hierdie gesamentlike onderneming te tree. Die verhoging in genormaliseerde wesens- verdienste per aandeel kan hoofsaaklik toe- geskryf word aan ‘n goeie graanjaar en ‘n gevolglike verhoging in silobedryfsinkomste, sowel as beter effektiwiteit ten opsigte van bedryfs- en administratiewe uitgawes. Dit sluit ook verliesmakende beëindigende bedrywe uit. 77,0% Genormaliseerde wesensverdienste per aandeel (HEPS) (sent) 175 99 73,8% Verwaterde genormaliseerde wesens- verdienste per aandeel (sent) 164 94 Verwaterde genormaliseerde wesensverdienste het die genormaliseerde wesensverdienste- tendens gevolg en verteenwoordig verdienste op totale uitgereikte aandelekapitaal. Opbrengs op openingsekwiteit (%) 15,0 15,7 Alhoewel die opbrengs op ekwiteit verlaag het, het Senwes steeds in die boonste kwartiel van die landboubedryf presteer. 2015 2014 Totale aandeelhouersopbrengs (%) 11,6 8,0 Die 3,6% verhoging in totale aandeelhouers- opbrengs is hoofsaaklik weens ‘n verhoging in die aandeelprys. Prysboekverhouding (keer) 1,09 1,12 Die markprys is 1,09 keer die netto batewaarde, wat steeds goeie waarde vir die aandeel beteken. Dividendopbrengs (%) 4,7 4,6 Die dividendopbrengs van 4,7% dui steeds op stabiele kontantvloei vir die beleggers. Prysverdiensteverhouding op genormaliseerde HEPS (keer) 6,6 10,9 Die verlaging in die prysverdiensteverhouding kan toegeskryf word aan die verhoging in genormaliseerde HEPS, terwyl die aandeelprys nie dié tendens tot dieselfde mate gevolg het nie. 0,7% 2. BELEGGERSWAARDE 3,6% 2,8% 0,1% 39,7% 3. RISIKOPROFIEL 6,4% 0,5% 5,0% 2015 2014 Eiekapitaalverhouding (%) 38 40 Die eiekapitaalverhouding is binne die gestelde riglyne van 35% tot 45%. Rentedekking (keer) 3,7 4,0 Die verlaging was weens die hoër kredietboek, maar dit is steeds hoër as die minimum gestelde rentedekkingsvlak van 2,5 en dit ondersteun steeds die kernbesigheidsaktiwiteite. Oordragdebiteurereëlings (%) 4,0 3,5 Die 0,5% hoër oordragdebiteurereëlings is versekureer en val gemaklik binne die mak- simum riglyn van 10%. Onbenutte korttermynfinansiering (%) 32 37 ‘n Likiditeitsbuffer van 32% verseker dat Senwes voldoende kapasiteit het om sy uitbreidingsinisiatiewe te befonds. 2% 2 Bedryfswins voor rente en belasting het herstel vanaf die vorige jaar se droogte. Senwes GEÏNTEGREERDE VERSLAG 2015