Scenario Desember 2015 | Page 62

••• KOS VI R D I E SI E L DS. WILLIE BOTHA VOL MOED EN GEESDRIF... ’N VERHOUDING, NIE ‘N RESEP NIE BEKENDE SAKEMAN EN LEIER, BRAND PRETORIUS, SKRYF IN DISKOERS OOR SELFLEIERSKAP. VOLGENS HOM VEREIS DIT: “MORELE INTELLIGENSIE EN BEHEER OOR ‘N MENS SE EIE EMOSIES, DIE ONDERDRUKKING VAN EGO EN ‘N VERBINTENIS TOT NEDERIGHEID.” M orele intelligensie sou gedefinieer kon word as die sedelike en geestelike krag wat mense vol moed en geesdrif laat bly. Dit is hoe intelligent jy is oor wat goed en reg is. Dikwels word ander kriteria soos numeriese, tegniese en wiskundige begaafdheid as kriteria vir beroepsgeskiktheid oorweeg. Vir leierskap is morele intelligensie egter ‘n vereiste, want morele intelligensie sien ‘n groter prentjie raak. Dit gaan oor die waardes en beginsels waarvoor jy staan, die manier waardeur jy met integriteit aan die samelewing help bou. Waar baie vorme van 60 intelligensie op die individu fokus, is morele intelligensie in ‘n sekere sin dus ‘n kollektiewe eienskap. Dit raak die mense wat vir jou werk, jou dorp, skool en omgewing. Leierskap gaan ook oor invloed en wanneer morele intelligensie deel van ‘n leier se vaardighede is, word daar des te meer aan die samelewing gebou. In Galasiërs 5:19-26 skryf Paulus oor die sondige natuur en die Gees. Die twee staan teenoor mekaar. Die mens neig egter nie na die goeie nie, maar vind dikwels ‘n groter aantrekkingskrag in die slegte. Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing is houdings en emosies wat ‘n groot verskil in die lewe van ‘n mens kan maak. Dit is die Bybelse weergawe van morele intelligensie. Waar ‘n individu hierdie waardes koester, lewer hy of sy ‘n wesenlike bydrae tot die morele integriteit van ‘n gemeenskap. Die dryfkrag agter die waardes is die Heilige Gees. Dit word deel van ons Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario karakter en persoonlikheid wanneer ons sensitief is oor wat vir God belangrik is, en na Sy Gees luister. Dit is ook dinamies. In die toepassing van hierdie vrug van die Gees is dit nie ‘n stel eng reëls nie, maar ‘n lewende verhouding waarin ons staan. Die resultaat van die Gees is volhoubaarheid. Dit skep ‘n omgewing waar mense vir mekaar kan lief wees en mekaar kan vertrou. Die verlossingsgebeure wat Jesus vir ons bewerk is die mees ekstreme vorm van morele integriteit. Onder die moeilikste omstandighede denkbaar doen Hy vir ons die regte ding. Terwyl ons straf verdien, word Hy vir ons gestraf. Hy verduur pyn en marteling, sodat ons dit gespaar kan word. Hy sterf en oorwin die dood sodat ons die ou mens kan afsterf en tot ‘n nuwe lewe kan opstaan. Hy is die rede waarom ons vol moed en geesdrif kan bly. Deur Sy morele integriteit bou Hy deur jou en my aan hierdie wêreld soos niemand en niks anders dit kan doen nie.