•••
REDA K TE U R SBR I EF
DIE PROSES VAN
vernuwing
A
s mens
nie met
die tye saamleef
nie dan sal jy
verseker vergaan.
Soos ons die einde van die
jaar, Kerstyd en 2016 nader,
is vernuwing weereens aan die
orde van die dag. Vernuwing
is nuwe platforms binne die
milieu waar in ons werk, ‘n
nuwe uitkyk op ons werk en ons
verhoudings met ander. Die heel
belangrikste vernuwing is egter
die vernuwing van die self.
Kyk ‘n bietjie rondom jou,
doen ‘n bietjie voorraadopname
van die area waarbinne jy lewe.
Ons fokus op Hoopstad se
nuwe Senwes Village Hinterland
tak wat op sigself vernuwing
in baie mense se lewens bring
- werknemers en klante - soos
ook in Peter Mascher se
spotprent vervat. Dan kyk ons
terug na Nasie in Gesprek wat
verseker verandering in die
landbousektor teweegbring.
Senwes se tussentydse
resultate sal ook beskikbaar
wees direk na die verskyning
van hierdie uitgawe en daar
is ‘n QR-kode om direk na
die resultate te gaan. Met dié
word die pad vorentoe ook
uitgelê en kom die vernuwende
besigheidselemente ter sprake.
Hinterland het ook ‘n nuwe
PIN-stelsel wat besigheid
vergemaklik. Vernuwing beteken
soms ook om eerste te wees. Ons
kyk na Senwes se betrokkenheid
by Suid-Afrika se heel eerste
ten volle swart bemagtigde
meulenaar op Ventersburg. En
as jy uittroon, kry jy prestasies
2
soos Certisure se gesogte titel
wat hulle ingepalm het, asook
hul Hartswater tak wat as beste
besigheidseenheid uitstaan.
Of jy nou daarvan hou of
nie, in hierdie wêreld is ons
altyd in kompetisie met mekaar.
Kompetisie in besigheid en
persoonlik, net soos al die
wenners van die kompetisies
in hierdie Senwes Scenario ook
in kompetisie met mekaar is.
Om te vernuwe moet mens
ook wyse raad van ander
aanvaar soos in Oraloor Gehoor,
asook die raad van al die
wonderlike rubriekskrywers.
Soms verander die natuur
selfs. Hier het die droogte ons
in ‘n wurggreep wat ‘n ander
kinkel in die kabel bring.
Maar soos ons vernuwe, lees
ons in hierdie uitgawe dat ons ons
fondasies in die proses dieper moet
grawe. Die proses van verandering
raak ook ons geestelike lewe. Soos
ons alte gereeld deesdae hoor.
Die heel belangrikste vernuwing
is die vernuwing van die self,
waar jy ook die beste vir ander
wil hê. Ons kyk na die nuwe
rekenaarsentrum wat Senwes se
Thobo Trust by Letsopa Laerskool
in Ottosdal geopen het, wat weer
fondasie vir hulle toekoms lê. Dan
ook Senwes se betrokkenheid by
die Agri Securitas Trustfonds.
Aan die einde is ver