•••
HA N D E LSN U U S
SMUTSVINGER VESTIG MAKLIK
MET DIE MOOIRIVIER MENGSEL
SMUTSVINGERGRAS (DIGITARIA ERIANTHA) IS
BEKEND AS EEN VAN DIE BESTE MEERJARIGE
SOMERGRASSPESIES. DAAR IS VERSKEIE
SUKSESVOLLE AANPLANTINGS OOR DIE
SOMERREËNVALSTREEK WAT VAN DIE SPESIE SE
SUKSES KAN GETUIG. WÈAN BENADIE
D
it is egter ook ‘n bekende
feit dat Smutsvinger tot
3 jaar kan neem om suksesvol
te vestig as gevolg van inherente
saaddormansie (rustende
sade). Laasgenoemde kan ‘n
probleem wees veral wanneer
die area van vestiging besmet
is met onkruidsade en daarom
sien baie boere die vestiging
van Smutsvinger as riskant.
Om die frustrasie van stadige
vestiging en onkruiddruk te
oorkom, kombineer boere
verkeerdelik Smutsvinger
met Eragrostis Tef. Wanneer
Smutsvinger (meerjarige
soetgras) met Tef ( eenjarige
suurgras) gekombineer word,
is die slotsom ‘n ongewenste
mengsel van soet- en suurgrasse
wat lei tot onsmaaklike weiding
32
en selektiewe benutting deur
diere. Die Tef komponent
kan verder ook die bron van
ongewenste en onsmaaklike
meerjarige Eragrostis spesies
soos Oulandsgras (Eragrostis
curvula) en Taaipol (Eragrostis
plana) wees.
Dit is dus baie belangrik om
die regte spesies te kombineer
om ‘n suksesvolle Smutsvingeraanplanting te verseker en vir
hierdie rede word die eksklusiewe
Mooirivier-Mengsel van Agricol
sterk aanbeveel. Die Mooirivier
mengsel kombineer: Digitaria
eriantha (Smutsvingergras),
Chloris gayana (Rhodesgras)
en Panicum coloratum
(Kleinbuffelsgras) in verskillende
persentasies met mekaar om die
alles-in-een-mengsel te vorm.
Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario
VOORDELE VAN DIE
MOOIRIVIER-MENGSEL:
• Al drie spesies in die
Mooirivier-mengsel is
meerjarige soetgrasse wat
baie smaaklik is, met baie
goeie verteerbaarheid.
Hierdie grasse dien ook
as ‘n uitstekende bron
vir staande hooi.
• Die spesies komplimenteer
mekaar goed aangesien
Rhodes- en Kleinbuffelsgras
reeds vanaf plant vinnige
sterk vestigers is wat
onkruidgroei kan onderdruk
om aan die Smutsvingergras
‘n onkruidvrye basis bied
om oor tyd te vestig.
• Die mengsel is geskik vir
die meeste grondtipes en
groei uitstekend in gebiede
met ‘n jaarlikse reënval
van 500mm en hoër in
die somerreënvalstreke.
• Die bestuur van
die gevestigde
Mooirivier- mengsel is
eenvoudig, aangesien
bestuurspraktyke geskoei
is op normale Smutsvinger
bestuurspraktyke.
Die aanbevole saaidigtheid
vir die Mooirivier-mengsel is:
10-12kg/ha in rye en 1518kg/ha indien breedwerpig
gesaai word.